ToekomsVenster: Die herbergier se koninklike gas


maria-josef-donkie

Foto: Aciprensa.com

Lukas 2:7 – Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in ’n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.

Die herbergier het nie geweet watter voorreg en geleentheid hom daardie dag sou voordoen nie. Die plek was die ene bedrywigheid toe die onaansienlike gaste daar aankom. Die plek was reeds vol bespreek. Belangrike gaste en mense wat gereeld reis, weet immers dat voorafbespreking noodsaaklik is.

Die plek is ʼn miernes van bedrywigheid en die gastehuisbestuurder moet behoorlik bontstaan om te verseker dat aankoms gerieflik en gasvry geskied. Dit is baie belangrik om ʼn goeie indruk te maak sodat gaste weer by die gastehuis sal tuisgaan as hulle in die omgewing is.

Bethlehem is gewoonlik onaansienlik en gewoon, maar daar is ʼn groot konferensie vir die naweek bespreek en Bethlehem het die geluk getref dat die geleentheid daar gehou word. Die mense word stylvol aangery en die personeel staan gereed om bagasie na die onderskeie kamers te bring.

In die kamer wag daar ʼn vrugtemandjie op elkeen van die afgevaardigdes. Die kamer ruik lekker van die vars blomme in die vaas.

Dan kom die mensies op die donkie aan. Die meisietjie is hoogs swanger. Die herbergier het sy bedenkinge oor die wysheid al dan nie om ʼn meisie in haar toestand so te laat reis.

Sy is ooglopend uitgeput van die lang, vermoeiende reis.

Haar man, ewe gehawend van die uitputtende reis, nader die persoon by ontvangs. “Is daar ʼn plekkie in die herberg beskikbaar? My vrou staan op kraam. Dit is noodsaaklik dat ons ʼn plekkie vind.”

Die slegte nuus word hulle meegedeel. Heeltemal vol.

Die ontvangsklerk bied vriendelik aan om te verneem of daar by ander gastehuise plek is. ʼn Paar oproepe verder kry hulle dieselfde slegte nuus. Daar is letterlik nie plek vir ʼn muis nie.

Wat nou gemaak? Hulle kan die mense tog nie aan hul eie lot oorlaat nie.

Daar is plek in die stoor.

Dis vol, stowwerig en bedompig, maar dis darem ʼn plek as hulle dit sou wou gebruik.

As die herbergier maar net geweet het!

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Andre ·

As ek die nederigheid identifiseer waarmee Christus kind in die wereld gekom het, sou ek nie kon dink dat dit enigsins anders sou gebeur nie. Selfs as die herbergier geweet het, wonder ek wat die uitwerking op die ou end sou wees? As ek myself in sy skoenne plaas dink ek toe hy uit vind (As hy ooit het) sou hy hom dood skaam, maar dis die mens wees deel. Sou dit die groot plan verander?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.