ToekomsVenster: Die Here is my Herder


Here-is-my-Herder

Foto: Refiningtruth.com

Lees Psalm 23: Die Here is my Herder

Dié troos psalm het seker al miljoene mense in lewe en dood begelei, tradisioneel mos die aangewese Skrifgedeelte as dit by sterwensbegeleiding kom. Die Psalm is egter veel meer as ʼn trooswoord vir sterwendes, dis leiding en struktuur vir die lewendes te midde van die steeds toenemende uitdagings van ons tyd. “Die Here is my Herder” landelike taal om ʼn groot geloofswaarheid mee te deel.

Twee dinge word duidelik: Hy (Die Here) is in staat om leiding te gee, met alles wat dit mag impliseer, asook  die onvoorwaardelike oorgawe aan sy leiding (my herder).

Afhangend van  elkeen se konteks kan die woord “herder” seker met verskeie ander terme vervang word sonder om die inhoud en betekenis geweld aan te doen. Toegegee, die konteks herinner skerp aan die nabye ooste met ʼn geïdealiseerde herder-kudde beeld en vergelyking. Daar is egter min mense wat nog met die idilliese beeld kan identifiseer te midde van toringgeboue, snelweë, mens gemaakte parke, winkelsentrums en skares.

Miskien sou jy Hom dan vandag as die uitvoerende hoof van jou maatskappy, die bestuurder van jou besigheid en die navigator van jou lewe wil beskryf. Hy bly die Here.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.