ToekomsVenster: Die Here is soveel groter as ons gedagtes

sonsopkoms-see-virgin-gorda-2018-12-11

Sonsopkoms oor die see by Virgin Gorda. Foto: Antoinette Meyer.

Wees gewillig om wat betekenisvol is, lewenslesse wat geleer is, te koester en die toekoms in te dra.

Gelukkig is daar nie net sleg in die verlede, ons gister nie. Inteendeel. Ons word somtyds so deur die negatiewe oorskadu dat ons perspektief verloor. Dit mag nie. Daar is net te veel wonderlike dinge wat gebeur dat ons voordurend onder ʼn donker wolk van veroordeling en minderwaardigheid sal leef. God is goed en basta. Hy is ook in staat om die oënskynlik negatiewe so te “bestuur” dat dit aan die einde tog uitwerk. Die Bybel sê immers “Vir hulle wat die Here liefhet werk alle dinge ten goede”. Moenie dat die verlede jou terughou nie.

Die lewe is soos universiteit. Ons leer voortdurend en maak nooit klaar nie. Ons is ingeskryf in lewenslange leer, dit is die wese van dissipelskap. Daar is soveel wat ons nog nie weet nie en nie mooi verstaan nie dat ons nie durf versand in die bietjie kennis wat ons dink ons het nie.

Die Here is soveel groter as ons gedagtes. Net om die Bybel na behore te verstaan kan nie in een leeftyd ingepas word nie. Lewenslesse kom teen ʼn prys. Somtyds het ons met trane en ongemak betaal. Moenie die lesse wat jy geleer het geringskat nie.

Fil.3:13-14 – Broers, ek verbeel my nie dat ek dit alles al het nie. Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is. Ek span my in om by die wenstreep te kom, sodat ek die hemelse prys kan behaal waartoe God my geroep het in Christus Jesus.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.