ToekomsVenster: Die Here se Woord is vol merkwaardige beloftes


Toekomspad

Argieffoto.

Omdat hy My liefhet, sal Ek hom red,” sê die Here, “omdat hy My ken, sal Ek hom beskerm. Wanneer hy My aanroep, sal Ek sy gebed verhoor; in sy nood sal Ek by hom wees, Ek sal hom red en hom in sy eer herstel. ʼn Baie lang lewe sal Ek hom gee en oor My hulp sal hy hom verbly. – Psalm 91:14-16

Die Here se Woord is vol merkwaardige beloftes. Sy beloftes bring troos en sekerheid in tye van swaarkry. Hoe dikwels het beloftes in die Bybel my persoonlik nie gedra en begelei nie? Ek heg besondere waarde aan dié belofte uit Psalm 91.

As ʼn mens die voornaamwoorde in die eerste persoon herhaal, kry dit besondere betekenis. “Omdat ek Hom liefhet sal Hy my beskerm…”. In die tweede persoon is dit ewe aangrypend “omdat jy my liefhet (sê die Here) sal ek jou red…”.

Die Bybel sê elke belofte is ja en amen in Christus Jesus. Hy self tree in vir die geloofwaardigheid van die beloftes.

Dit sou interessant wees om te hoor watter beloftes vir jou besondere waarde het.

Mag jy elke dag sy teenwoordigheid beleef.

Hy het nie in ongeloof begin twyfel aan die belofte van God nie, maar hy is in sy geloof versterk en het aan God die eer gegee. – Romeine 4:20

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

lettie ·

Amen. God is groot. Omdat ons Hom liefhet sal Hy ons bevry van die knelpunte wat SA mense mismoedig maak.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.