ToekomsVenster: Die Here voorsien


koninkryk-van-God

Argieffoto.

Lees Genesis 22:1-19

Dit het nogal ‘n klompie jare geneem voordat God se belofte van ‘n nageslag vir Abraham waar geword het. Die seun is uiteindelik gebore, het grootgeword en toe gee God hierdie vreemde opdrag. Teen hierdie tyd het Abraham reeds ‘n absolute vertroue in God se vermoëns gehad, daarom gehoorsaam hy Hom sonder om vrae te vra. Dit is opvallend dat hy vir sy slawe met groot sekerheid sê: “Ek en die seun gaan daar aanbid, dan kom ons terug na julle toe”.

Na die gebeure herhaal God sy seënbelofte aan Abraham. Hy bevestig ook opnuut dat al die nasies van die aarde in hom geseën sal wees. Ons wat deel is van hierdie nasies hoef nie ver te gaan soek vir hierdie seën wat God belowe het nie. Die grootste seën wat enige mens ooit kan ontvang, is die Voorsiening op die berg van die Here; die Lam van God wat die vloek wat die wet meegebring het van ons weggeneem het deur in ons plek ‘n vervloekte te word (Gal 3:13).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Winston ·

Dis ongelooflik wonderlik hoe die Here n mens weer van sy belofte vertel. Dankie dat U ons steeds seen Here en ons kan weet dat U ons behoed en bewaar. Amen

neelsie ·

Vertrou volkome op die Drie-enige God.
Sy Woord is Waarheid.
Draai terug na God!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.