ToekomsVenster: Die instelling van die nagmaal

paasfees

Foto: Phil Goodwin/Unsplash.com

Terwyl hulle eet, het Jesus brood geneem en die seën gevra. Daarna het Hy dit gebreek en vir hulle gegee met die woorde: “Neem dit, dit is my liggaam.” Toe neem Hy ‘n beker en nadat Hy die dankgebed uitgespreek het, gee Hy dit vir hulle, en hulle het almal daaruit gedrink. Hy sê vir hulle: “Dit is my bloed, die bloed waardeur die verbond beseël word en wat vir baie mense vergiet word. Dit verseker Ek julle: Ek sal nie weer wyn drink nie tot op daardie dag wanneer Ek die nuwe wyn in die koninkryk van God sal drink.” – Markus 14:22-25

In die gereformeerde teologie, trouens in die meeste hoofstroomkerke is daar sprake van net twee sakramente. Sakramente is, en dis die kwalifikasie, deur Jesus self ingestel. Ons herinner ons sterk aan die woorde in Mattues 28 wanneer Jesus opdrag gee om dissipels te maak van mense en hulle te doop. Ons lees die praktyk raak dat wanneer mense tot geloof gekom het hulle gedoop is. Ook Paulus na sy Damaskus pad ervaring word gedoop.

Die ander sakrament waarvan daar sprake is die nagmaal. Weereens stel Jesus dit self in.

1 Kor.11:23-31 – Ek het van die Here ontvang wat ek ook aan julle oorgelewer het: Die Here Jesus het in die nag waarin Hy oorgelewer is, brood geneem en, nadat Hy God daarvoor gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: “Dit is my liggaam; dit is vir júlle. Gebruik dit tot my gedagtenis.” Net so ook het Hy ná die maaltyd die beker geneem en gesê: “Hierdie beker is die nuwe verbond, wat deur my bloed beseël is. Gebruik dit, elke keer as julle daaruit drink, tot my gedagtenis.”Elke keer as julle van hierdie brood eet en uit die beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom. Elkeen wat op ‘n ongepaste wyse van die brood eet of uit die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan sonde teen die liggaam en die bloed van die Here. Maar elkeen moet eers homself ondersoek voor hy van die brood eet en uit die beker drink, want hy wat eet en drink sonder om te besef dat dit die liggaam van die Here is, bring daardeur ‘n oordeel oor homself. Daarom is daar baie swakkes en sieklikes onder julle en sterf daar baie van julle. As ons onsself vooraf reg ondersoek het, sou ons nie onder die oordeel gekom het nie.

Die waarskuwing om nie ʼn oordeel oor onsself te eet nie is belangrik. Die nagmaal bly ʼn gawe uit die Here se hand en moet met die nodige erns geneem word.

Sakramente is sigbare, voelbare en waarneembare Woord verkondiging. Dit is God wat praat soos in die Skrifgeworde Woord, die Bybel soos ons dit ken. Die sakramente word gegee tot geloofsversterking. Dis ervaringsleer, dis ʼn aanskouingsles, simbolies maar kragtig. Dis nie net ʼn seremonie nie, dis ʼn misterieuse belewing van die genade van God na elkeen wat dit in opregtheid gebruik.

Uiteraard roep beide doop en nagmaal om na antwoord, maar dit is en bly ʼn antwoord, ʼn belydenis, ʼn respons. Tog wil ons nie weer van die doop ʼn besprekingspunt maak nie. Die kerk het vir te lank oor die doop gestry.

Romeine 14:5 – Vir die een is een dag belangriker as ander dae; vir ‘n ander is alle dae ewe belangrik. Elkeen moet net in sy eie gemoed oortuig wees van sy opvatting

Sakramente is God wat praat.

Hy praat altyd eerste. Ons is ten diepste aangesprokenes. Die mens vra nie uit eie beweging na God nie. God is ons altyd een tree voor. Hy soek ons genadigste op en doen dit steeds. Soos die Bybel begin met In die begin het God is en bly dit die werkswyse van God deur al die eeue.

Het jy al die roepstem van die Heilige geantwoord?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Frank ·

Maar net nog ‘n rede waarom ons nie kerk-los mag raak nie.
Sonder uitsondering.

Roel ·

Net in die katolieke Kerk “is” die brood die Liggaam waar woord flees word, Google mericals of the Eucharist in sie die wonder van God.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.