ToekomsVenster: Die karakters in die Kersdrama


Baba-Jesus

Foto: Sippinglemonade.com

Ons gaan in die volgende paar dae tot Kersfees ʼn bietjie kyk na die karakters in die Kersdrama. Lukas onderneem om in sy Evangelie ʼn deeglik nagevorste verslag te lewer van die gebeure rondom die lewe en optrede van Jesus. Hy rig sy skrywe aan Teofilus wat geliefde van God beteken. Hy volg hierdie skrywe van hom op in ʼn volgende boek wat ons as Handelinge ken.

Hy verwys ter aanvang na Sagaria, ʼn lid van die tempelpersoneel. By hierdie geleentheid moet hy wierook brand op die wierookaltaar in die heilige gedeelte van die tempel. Dit is daar waar die engel Gabriël aan hom verskyn en die verrassende nuus meedeel dat hy pa gaan word. Ons kan Sagaria se verbasing en ongeloof verstaan. Hy is reeds gevorder in leeftyd en boonop is Elizabeth onvrugbaar. Sagaria moet leer dat God nie deur menslike beperkinge onkant betrap word nie. Hy is die almagtige.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.