ToekomsVenster: Die kerk as brugbouer


Foto: pixabay.com

Foto: pixabay.com

Romeine 16:1 Ek beveel ons suster Febe wat dienaar is in die gemeente Kenchreë, by julle aan. Ontvang haar soos dit mense wat in die Here glo, betaam, en staan haar by in enige saak waarin sy julle hulp nodig kry, want sy was vir baie, en ook vir my, tot steun.

Die kerk is ’n brugbouer. Mense moet oor die brug kan stap na die kerk toe en van die kerk af. Ons teksgedeelte is ’n voorbeeld van wat in ’n kerk kan gebeur. Ek moet aan jou gemeente ’n brief kan gee en sê “ontvang hierdie persoon” en julle moet ’n brug kan wees waarop hierdie persoon na julle toe kan loop. Hulle moet op hulle eie kan stap en die kerk moet meehelp dat hulle die lewe tegemoet kan stap.

Hoe kan die kerk sy funksie as brugbouer beoefen:

  • Gees van kameraadskap – ’n brug bring mense bymekaar en help hulle om as vriendekring saam te stap.
  • Die nederigheid in die verkondiging van die waarheid – die brug is ’n konstruksie (sement en stene), daar (ons het) is niks om op te roem nie.
  • Die bevestiging van die uniekheid van die gesprek – die brug is uniek, dit bring gesondheid, versoening en liefde mee.
  • Dat gelowiges gehelp word om moed te hê in die wêreld / publieke arena. Gelowiges of kerk as brug bring God en die wêreld bymekaar.
  • Dit bring hoop met die oog altyd op die horison – droom oor God se toekomsbelofte, ’n brug sluit die moontlikhede oop om oor die brug die toekoms in te stap.
  • Die brug help mense om te besef hoe ʼn oorvloedige lewe hulle het, hulle kan heen en weer stap, leer om ʼn lewe van oorvloed (flourishing life) te hê.

Gebed:

Vader help ons om hoop te bring vir hulle wat hooploos geword het. Help ons om moed te gee vir die wat moedeloos geword het. Gebruik ons vandag as brûe vir die evangelie. Amen.

Leefwyse:

Waar was jy in die week ’n brug vir iemand?

Iets om vandag oor na te dink:

Die teks help ons om iets te verstaan van die verwelkoming van vreemdelinge. Daar is ander mense wat op ander plekke bly wat ook die Here dien. Ons vriendelikheid word ’n brug vir hierdie vreemdeling om oor te stap.

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.