ToekomsVenster: Die kerk as rolmodel


teeliggies-kerse

Foto: Pinsoflight.net

Julle is die sout vir die aarde. Julle is die lig vir die wêreld. – Lees Matteus 5:2-16

Dit is hoog tyd dat die kerk (gelowiges) wakker word en haar roeping (lig en sout) vervul.  Die kerk sal weer moet sigbaar word (vers 14-16).  Die kerk is geroep om lig te gee vir “almal in die huis” (wêreld).  Daar is baie slegte dinge in ons land aan die gang wat nie deur die (on)mag en gesag van die regering herstel gaan word nie.  Inderdaad, an army of principles can penetrate where an army of soldiers cannot (Thomas Paine).

Daar is talle roekelose mense teenwoordig op ons lewensreis.  Talle is dwalend op soek na rigting en grense.  Mag die kerk weer ‘n nuwe era van positiewe beïnvloeding inlei. Mag ons ons skole, sosiale netwerke, werksplekke, politiek en ekonomie verlig!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.