ToekomsVenster: Die kerk het al minder mag in hierdie land

wees-n-liggie

Foto: Pavlofox/Pixabay.com

“Julle weet dat dit by die nasies so is dat die regeerders oor hulle baasspeel, en dat die groot manne die mag oor hulle misbruik. Maar by julle moet dit nie so wees nie. Elkeen wat in julle kring groot wil word, moet julle dienaar wees; en elkeen wat onder julle die eerste wil wees, moet julle slaaf wees.” – Matteus 20:24-27

Toe Jesus wou wys wat dit beteken om te gee, wys Hy nie na ’n ryk man wat miljoene gee nie, maar na ’n arm weduwee wat haar laaste twee muntstukke gee.

Die kerk was nog nooit goed met mag nie; dit is op sy beste, nie wanneer dit probeer oorleef of presteer nie, maar wanneer dit bereid is om, soos Jesus, ditself te gee vir ’n stukkende wêreld.

As ek en jy in Afrika wil heers, gaan ons waarskynlik al minder tuis voel, maar as ons besef dat God ons hier gesit het om as dienaars sy liefde sigbaar en tasbaar te maak, kan die lewe skielik baie meer sin begin maak.

Gedagte

Ons sê maklik “AS dit gebeur” of “AS dat gebeur”, “AS ek eendag ryk is,” “AS ek eendag een of ander posisie of status het”… dan sal ek ’n groot verskil maak vir God in hierdie wêreld, maar dit wil voorkom asof God eintlik meer geïnteresseerd is in wat jy in die tussentyd doen.

Gebed

Here dankie dat ek nie ’n rykdom, status of mag nodig het om deur U gebruik te word nie. Leer my om ’n dienaar te wees. Amen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Bees ·

Ogod dankie na al die misbruik en indokternasie moet hul einde nou in sig wees. Hul het nogals n tydtjie langer as hul politieke boetie die NP gehou.

Valerie ·

Bees, ek is ‘n “born-again” persoon, maar ek stem saam met jou. Om die mag te verloor wat hulle in die 60s, 70s, 80s gehad het (oor almal; soos van hulle vandag nog redeneer. Sjoe, mag nie eers fliek toe gaan nie, maar, intussen………..) moet seker maar ‘n groot en bitter pil wees om te sluk. En die oomblik toe die “philosopher kings” nie meer alleen toegang het tot inligting nie, toe sak die hele ding inmekaar.
Die kerk is nie daar vir “mag” nie net soos ‘n tandarts nie daar is om jou blindederm uit te haal nie. Of so ietsie.

Valerie ·

Die “kerk” (die hervormders/gereformeerders) was magsugtig vandat ek kon onthou; hulle het geen “mag” nie. Hierdie is nie Calvyntjie se Genève nie. Die “kerk” is versonderstel om die evangelie te verkondig (as hulle weet wat dit is) en om volgelinge van Jesus te maak. ‘n Valse “kerk” is ‘n donker plek, soos ons deur die jare gesien het en steeds sien.

Dries ·

Mense moet asb.behoorlik gaan vaasstel wat Calvyn gesê het voor hule afbrekende kommentaar oor hom lewer. Calvyn as maar net ‘n gewone sondaar mens soos enige ander mens, maar deur GOD se genade het hy ‘n goeie uitleg van GOD se Woord gegee.
Mense het hulle eie afleidings gemaak van wat hy gesê het wat nie altyd reg is nie, maar moet nie hom die skuld daarvoor gee nie. Die kern en pit van wat hy gesê het is dat mens agv GOD see genade deur die geloof in Jesus alleen gered word. Mens moet nie ‘n volgeling van Calvyn of enige ander pastoor, dominee of kerk wees nie maar van Jesus alleen. Ek stel voor die oordeel moet aan GOD gelos word wie vals is en wie nie. Derduisende mense het al in die drie suster kerke Jesus as hulle Saligmaker en Verlosser ontmoet , soos ook in die ander kerke , waar ook baie mense Jesus gevind het.
Om te sê of ‘n kerk vals is, moet mens 100% seker maak dis GOD wat deur jou praat of eerder stil bly. Die Caalvinistiesee kerke het hulle tekortkominge waaraan geweerk moet word soos ook enige ander kerk.

Valerie ·

Dries, ja, ek is 100% seker van my feite. Niks wat aan my gewete knaag nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.