ToekomsVenster: Die keuses wat jy moet maak

keuses

Argieffoto.

…. en om jou skoon te hou van die besmetting van die wêreld. – Jak.1:27b

Dit is nie altyd maklik om in alles by die leerstellinge en beginsels van God se Woord te hou nie. Die sogenaamde wêreld, verwysend na die mense wat ver weg van God leef en met sy wil vrede het, se aantrekkingskrag is nie gering nie. Die druk wat beleef word om soos die wêreld op te tree is nie teoreties nie. In bykans alle sektore van die samelewing word van mense verwag om hul beginsels prys te gee of ten minste aan te pas ten einde die voordele wat gebied word, te geniet. Dit gebeur in die praktyk dat kontrakte en geleenthede nie aangebied word aan mense wat ʼn vaste karakter openbaar nie. Wanneer die druk toeneem en finansiële realiteite moeilik raak is dit nie altyd maklik om nee te sê vir “onder die tafel deur” onderhandelinge nie. Ons politieke sfeer is daarvan ʼn klinkklare voorbeeld. Ons samelewing, veral die noodlydendes en agtergeblewenes, betaal ʼn hoe prys vir die selfsug en ongevoeligheid van mense wat andersyds hul belange op die hart moes gedra het.

Mens het empatie met ons jongmense en selfs kinders wat die druk van portuurgroepe moet verdra. Enersyds is daar die leiding wat van kerk en ouerhuis se kant kom en andersyds die verwagtinge van vriende. Almal wil geliefd en aanvaar wees. Dit is ʼn basiese behoefte by mense. Ons wil graag weet dat mense van ons hou en daarvan hou om ons in hul besig wees in te sluit. Dit kom dikwels teen ʼn prys. Die Spreuke bundel het baie te sê oor die keuses wat mense moet maak. Die feit dat mense meermale faal word demonstreer deur die inhoud van verskeie nuwe Testamentiese boeke. Keer op keer roep die apostels gelowiges terug na God se standaard. Dis is eweneens waar van die ou Testament. Israel se verhaal is tragies vervleg met dinge wat sondermeer uit die heidendom geassimileer is.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

John Henry Jooste Moss ·

Ek lees nou van die jongste nuus en daar is 1 hoof argumentele faktor wat bostaande die kop uitsteek: RESPEK.

Niemand het op enige vlak enige respek vir mekaar nie.

Ons vergeet dat respek ‘n Bybelse, of te wel, Bibliese beginsel is. Noag dring aan op respek en dwing dit af. Respek word nie verdien nie. Jy moet ander respekteer om gerespekteer te word deur ander. Dit begin alles by jouself.

Respek is eintlik eenvoudig. Om ‘n algemene voorbeeld te lig: In Eksodus 20 kry ons die 10 gebooie. Wanneer ons iet en elkeen van daardie gebooie gehoorsaam, respekteer ons God. Om respek te toon is om te doen wat ander van jou vra, en op ‘n mondelikse, of selfs tasbare wyse, onderdanig met iemand te kommuikeer en ‘n vergewensgesindheid te hê. Ons vergeet dat iet en elke mens “fearfully & womderfully made” is en God se beeld en dat iet en elkeen van ons SY meesterstuk is.

Dalk moet ons begin by respek vir mekaar om di ge te verander, en selfs nog beter, terug draai na GOD.

Ek is bereid om details te gee hieroor, maar respek is ‘n fantastiese begin punt

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.