ToekomsVenster: Die Koning se Triambos

namakwaland-Pragtige-veldblomme.jpg

Foto: Marianne Styan

Jesus is die triomferende Koning en hulle wat Hom volg, deel in daardie oorwinning. Daarom is die koninkryk van hierdie Koning een van blydskap en feesviering, want die oorwinning is reeds behaal. Jesus is die verrese Koning wat heers.

Die triomferende krag van hierdie koninkryk is die liefde. Hierdie liefde glo altyd, hoop altyd, bedek altyd, verdra altyd. Wanneer die burgers van die koninkryk hierdie liefde leef, en dit deel, word die Koning sigbaar.

Delf dieper

Staan vandag stil by Romeine 8:31-39. Wat sê die Koning van die oorwinning vir jou?

Lees Matteus 11:12 en dink na oor die oorwinnende krag van die koninkryk wat hierin sigbaar geword het.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.