ToekomsVenster: Die Koning van die verkeerde dorp

arms-omhoog-gebed

Foto: Unsplash/Pixabay.com

“Filippus kry toe vir Natanael en sê vir hom: ‘Ons het Hom gekry van wie Moses in die wet geskrywe het en van wie die profete ook geskrywe het. Dit is Jesus van Nasaret, die seun van Josef.’ Maar Natanael sê vir hom: ‘Kan daar iets goeds uit Nasaret kom?’” – Johannes 1:45-46

Jesus is so anders as die rabbi’s van sy tyd. Hy is die een wat kies en die dissipels wat Hy gekies het sou op die oog af meer na ’n vernedering gelyk het as na ’n eervolle keuse. Jesus het egter geglo dat hulle ook eendag sou kon doen wat Hy gedoen het (Johannes 14:12).

Die Koning van die hemel kom woon tussen die mees onverwagse mense op aarde. Ons moenie verbaas wees wanneer ons Hom juis ook tussen die mees onverwagse mense van ons samelewing aantref nie.

Delf dieper

Lees Johannes 9:1-41 en hoor wat die Woord van die Here vandag vir jou sê.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.