ToekomsVenster: Die Koning wat sy bruid bevry

geel-blom-02

Foto: Pixel2013/Pixabay.com

“Hy het gesê: ‘Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met ’n koning wat vir sy seun ’n bruilofsfees voorberei het.’” – Matteus 22:2

Om deel van hierdie koninkryk te word, vra dat ek en jy die liefde van hierdie Koning en die prys wat Hy vir ons vryheid betaal het, sal aanvaar, sal glo en daaruit sal leef.

Delf dieper

Die Koning van die Nuwe Testament se koninkryk staan teenoor die ryke en magte van die wêreld. In die Romeinse era was Caeser en Nero van die twee grootste figure. Vandag vernoem ons ons honde na Nero en ons slaaie na Caeser. En die Koning van die kruis? Wie is Hy vir jou?

Lees Hosea 2:13-19 ’n paar keer deur en luister mooi na die boodskap
hiervan vir jou.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.