ToekomsVenster: Die Koningskind wat sterf

kruis-in-die-see-korea

Foto: Hpuppet/Pixabay.com

“’n Tyd gelede was daar die geval van Teudas, wat in opstand gekom en daarop aanspraak gemaak het dat hy iemand van betekenis is. Hy het ’n aanhang gekry van omtrent vierhonderd man. Hy is doodgemaak, en al sy volgelinge is verstrooi, en die opstand het op niks uitgeloop nie. Daarna was dit Judas die Galileër, wat in die tyd van die volkstelling in opstand gekom het met ’n deel van die volk agter hom aan. Ook hy is om die lewe gebring, en al sy volgelinge is uitmekaar gejaag. Wat die huidige geval betref, my raad aan julle is: Laat staan hierdie mense en laat hulle los, want as wat hulle wil en wat hulle doen, mensewerk is, sal daar niks van kom nie. Maar as dit van God kom, sal julle hulle nie kan keer nie. Moenie dat dit dalk later blyk dat julle selfs teen God gestry het nie!” – Handelinge 5:36-39

Hierdie teksgedeelte vertel vir elkeen wat dit lees twee belangrike sake. Eerstens dat Jesus nie dood is nie, die Koning leef; die feit dat Hy leef is sigbaar in die beweging wat nie gestuit kan word nie; hulle wat bely het; hulle wat hul lewe gegee het vir die boodskap dat Jesus fisies opgestaan het. Tweedens bevestig dit aan ons dat hierdie die werk van God is en daarom sal niemand dit kan stuit nie. Dit sluit teenkanting van enige aard soos vervolging en kritiek in. Hy wat die goeie werk
begin het, is die Een wat dit sal klaarmaak (Filippense 1:6).

Vir die Jode was die kruis afstootlik, vir die Grieke was dit onsin (1 Korintiërs 1:23-24), maar vir elkeen wat hul hoop in Christus plaas, is die kruis die krag van God tot redding vir elkeen wat glo. Deur die kruis word die vrede herstel. Die boodskap van Paasfees lui as volg: Die Koning is dood, lank lewe die Koning.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

John ·

Ja, die’ boodskap van die Opstanding moet gevier word. Die wereld verduur die kruising want dit impliseer sterf en graf, maar op Paassondag is al meer dominees weg vir die naweek en die kerkdeur gesluit. Die duiwel lag want so word ons Christenskap bloot die aanbidding van ‘n profeet wat na sy mooi dade gesterf het en nie opgestaan het nie. Christus se opstanding maak Hom uniek en ook die Christelike geloof… die Een wat leef en na Sy Vader opgevaar het… Hy het waarlik opgestaan, het Sy dissipels getuig en ons moet voortdoen!

Spook ·

Ek is die enigste spook- ander spoke insluitend die duiwel- bestaan nie.

SNEL ·

Spook, dis jammer jy dink so. Ek het met iemand te doen gekry aan die satan se kant en ek verseker jou hy bestaan. Dit was my buurvrou vir oor die 4 jaar gewees wat betrokke was daarby. So erg dat sy nie iemand kon kry om na haar plante te kyk as sy weggaan nie, want hulle het gesê daar hang n boosheid in die lug, maar God sê ons het die mag oor Satan, so ek het na haar tuin en plante gekyk. Al wat Satan met jou doen is om jou kop vol nonsies te maak, want hy weet jy soek. God is n werklikheid, jou ongeloof gaan Hom of satan nie uitwis nie, hulle beide bestaan. Ek het gesê ek bid vir jou en ek sal aanhou en ek doen dit elke dag, jy sal nog vind.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.