ToekomsVenster: Die koninkryk behoort aan God

man-kniel-gebed.jpg

Foto: Imgarcade.com

Want aan U behoort die koninkryk … – Matt 6:14

Alles behoort aan die Here, die Bybel sê mos die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan. Koninkryk is God se alternatief vir die gebrokenheid van hierdie wêreld. In God se koninkryk is daar nie sonde en nood nie. Dis God se tuiste en getuig van ewige harmonie en vrede. Dis ʼn voorspel tot die hemel, dit is hemel op aarde. Ons roeping is om deur ons lewe en optrede iets daarvan te vergestalt. Ons lewe moet ʼn uitnodiging wees na God se alternatiewe manier van bestaan.

Die koninkryk behoort aan God. Hy is die hoof daarvan, die Koning van die konings. As Koning is Hy ten volle in beheer, aan sy soewereiniteit is daar geen einde nie. Hy word nie ontwrig of ontstel deur die dinge wat skeefloop nie. Ons kan Hom met sy koninkryk vertrou.

Onthou die tyd van gebed vanaf 25 Mei (Hemelvaart) tot 4 Junie (Pinkster).

 Die huidige knelpunte roep ons om ernstig te bid vir ons land en sy uitdagings met die verwagting dat die Here ons sal gebruik om die verskil te leef. Christene word opgeroep om daagliks te bid net waar hulle hulself bevind, veral gedurende die goue uur van gebed vanaf 12:00-14:00.

Daarbenewens word gelowiges uitgedaag om veral saam met onbekende mense te bid.

Vertel ander van hierdie inisiatief wat wyd ondersteun word. Besoek www.sapray.co.za of laai Toekomsvenster se gratis app af vir meer besonderhede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.