ToekomsVenster: Die Koninkryk in die praktyk

dink-denke-denker-man-sit-rots

(Foto: Christopher Sardegna/Unsplash)

Daarna het Hy hulle uit die stad uitgelei tot by Betanië. Daar het Hy sy hande opgehef en hulle geseën. Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan en is Hy in die hemel opgeneem. Hulle het Hom aanbid en met groot blydskap na Jerusalem toe teruggegaan. Daar het hulle die hele tyd by die tempel gebly en God geprys. – Lukas 24:50-53

Jesus verskyn gedurende die loop van veertig dae by verskeie geleenthede aan sy dissipels en praat met hulle oor die dinge van die Koninkryk. Die Koninkryk was Jesus se intreepreek en dit is die saak waarmee Jesus Hom deurlopend besig gehou het. Hy het die Koninkryk vergestalt. Sy dissipels word geroep om met daardie werk aan te gaan.

Die Heilige Gees bemagtig hulle vir die taak. Dissipelskap is die essensie daarvan. Nie wêreldvreemde konsepte en konstrukte wat vreemd aan die belewenis van gewone mense is nie, maar doodgewone waarhede wat hul daaglikse lewe kan rig.

Die Koninkryk in die praktyk van elke dag. Elke samelewings verband, of dit die gesin, die skool en universiteit, die dokterspraktyk, die sportveld, die teater, die politiek en raadsaal is met onder die sambreel van Jesus se heerskappy funksioneer en daarin groei. Die universele maar ook Goddelike beginsel van liefde vir mekaar en liefde van God moet deurslaggewend wees.

Die kerk en elke gelowige moet hulself voortdurend afvra of hulle inderdaad met die Koninkryk besig is. Die verleiding is groot om ’n wêreldse narratief te voer. Die wêreld met al sy uitdagings is kompleks en soms word ’n mens se perspektiewe benewel.

Die vraag is inderdaad nie wat die tyd van God vra nie, maar wat God van die tyd vra. Dit gaan nie oor hoe omstandighede ons wil help om God te verstaan nie, maar hoe God ons wil toerus om omstandighede te verstaan en te hanteer.

Die opdragte wat Jesus gee staan met die Koninkryk in verband.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.