ToekomsVenster: Die koninkryk is soos ’n skat

edelstene

Foto: FlitsArt/Pixabay.com

“Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met ’n skat wat in ’n saailand onder die grond lê. Wanneer iemand dit kry, maak hy dit weer toe; en omdat hy baie in sy skik is, gaan verkoop hy alles wat hy het, en hy koop daardie land.” – Matteus 13:44

Jesus vergelyk die koninkryk van die hemel met ’n skat wat in ’n saailand onder die grond lê. Die persoon wat dit ontdek, wat dit besef, maak dit eers toe en gaan verkoop alles wat hy het sodat hy die skat in die hande kan kry.

Die koninkryk is só waardevol en die skat wat dit vir die burgers daarvan inhou is só kosbaar dat hulle alles sal prysgee om dit te kan bekom. Die vreugde van die skat bring mee dat jy alles sal gee om dit te kan bekom, net soos die handelaar van Matteus 13:45 wat op soek is na ’n goeie pêrel. Wanneer hy ’n baie goeie pêrel raakloop, gaan verkoop hy alles om dit te bekom.

Wanneer laas het ons nagedink oor die skat wat in Jesus vir ons weggebêre is?

Delf dieper

Wanneer die 72 in Lukas 10:17-21 vol vreugde terugkeer na hul reis, herinner Jesus hulle aan die ware rede vir hul vreugde. Waarom sou jy sê was dit vir Jesus belangrik om hul fokus daarop te rig?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.