“Verder gaan dit met die koninkryk van die hemel soos met ’n treknet wat in die see gegooi is en allerhande soorte vis vang.” – Matteus 13:47
Die koninkryk van God is op uitreik na die wêreld toe. Die vangs is nie almal dieselfde nie; hulle verskil van mekaar. Daarom moet gelowiges baie versigtig wees om te aanvaar dat iemand se betrokkenheid by koninkryks-aktiwiteite nie noodwendig beteken dat hulle reeds burgers van die koninkryk is, of dat hulle die Koning van die ryk ken nie.
Delf dieper
Jesus tref ’n duidelike onderskeid tussen gelowiges en ongelowiges in Matteus 25:31-46. Wandel biddend saam met die Here deur die gedeelte en vra vir jouself: As die Koning môre sou kom, aan watter kant sou Hy my plaas?
In 2 Korintiërs 11:1-15 gee Paulus vir die gelowiges baie belangrike raad. Hy gee ook ’n baie belangrike waarskuwing in terme van die gemeenskap waarbinne hulle leef en die mense waarmee hulle te doen mag kry. Hoe vergelyk hierdie gedeelte met Jesus se woorde in Matteus 13:47-50?
- ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.