ToekomsVenster: Die koninkryk is soos ’n verkeerde boekhoustelsel

Vergifnis

Argieffoto.

“Daarom kan die koninkryk van die hemel vergelyk word met ’n koning wat besluit het om saam met sy amptenare hulle boeke na te gaan.” – Matteus 18:23

Genade is skokkend! As genade ons nie skok nie, het ons dit nog nie besef nie. Die Koning wat genade gee, betaal ’n skokkende prys om die geskenk daarvan, verniet, vir ons te gee. Sy boekhoustelsel klop nie, want Hy betaal die prys in ons plek.

Wanneer Jesus ons uitdaag om te gaan vergewe, mag dit wees dat ons onthou dat ons moet vergewe, soos ons vergewe is.

Delf dieper

Vergelyk Romeine 3:23 met Romeine 6:23 en beantwoord die volgende vraag: Hoe groot is my skuld voor hierdie Koning?

Lees Kolossense 3:13-14. Wat vra die Here vandag van jou?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.