ToekomsVenster: Die koninkryk is soos saad

mostertsaad

Foto: Crossroadsinitiative.com

“Hy het nog ’n gelykenis aan hulle voorgehou en gesê: ‘Die koninkryk van die hemel kan vergelyk word met ’n man wat goeie saad op sy land gesaai het.’ … Hy het nog ’n gelykenis aan hulle voorgehou en gesê: ‘Die koninkryk van die hemel is soos ’n mosterdsaadjie wat iemand gevat en in sy land geplant het.’” – Matteus 13:24 en 31

Die koninkryk het klein begin. Na die hemelvaart was daar maar ’n handjievol gelowiges. Na die uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag begin Petrus preek en in een dag groei die getal gelowiges van ’n handjievol tot 3,000 sterk. Rodney Stark het die groei van die Christendom in die eerste 300 jaar na die hemelvaart beskryf as die beweging wat die grootste groei van alle tye beleef het.

En dit groei steeds. In die lande waar die vervolging onder die gelowiges toeneem, groei die aantal gelowiges steeds.

Delf dieper

Indien ’n klein mosterdsaadjie kan groei en ’n geweldige boom kan word, wat sou ’n gehoorsame daad in die koninkryk vandag vir jou gemeenskap beteken?

Wanneer ’n saad sterf, bring dit lewe vir ander. Waar kan ek vandag sterf sodat ander die lewe van die ewige Koning kan beleef?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.