ToekomsVenster: Die koninkryk is soos suurdeeg

suurdeeg

Foto: Phickle.com

“Hy het hulle nog ’n gelykenis vertel: ‘Die koninkryk van die hemel is soos suurdeeg wat ’n vrou gevat en in ’n groot skottel meel ingewerk het totdat dit heeltemal deursuur was.’” – Matteus 13:33

Ons moet waak teen die neiging om ons as burgers van die koninkryk te onttrek van die samelewing; knus en warm, heilig en veilig op die drempel van die tempel. Ons word aangespoor om te gaan; om te doen.

Die beeld van die suurdeeg moet ons ook bemoedig. Dit mag dalk tans lyk of jou betrokkenheid in jou gemeenskap deur niemand raakgesien word nie. Dit mag dalk voel of jou inspanning tot niks kom nie. Die boodskap is duidelik: Moenie tou opgooi nie, hou aan! In verhouding met die groot skottel meel lyk die suurdeeg maar klein en min, maar die uiteinde daarvan is vir almal sigbaar.

Delf dieper

Trek ’n 10 km radius om die gemeenskap waar julle woon. Identifiseer daardie plekke waar die nood die grootste is. Begin deur te bid, waag dit dan om te gaan en deel te word. Skyn die lig. Begin klein. Gaan weer. Wees getrou.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.