ToekomsVenster: Die koninkryk van God


koninkryk-van-God-2

Foto: Pok_Rie/Pixabay.com

Die see en alles daarin moet druis, die aarde en alles daarop moet juig, die riviere moet hande klap, die berge moet saam juig voor die Here, want Hy kom om oor die aarde te heers; Hy sal oor die wêreld heers met regverdigheid, oor die volke met billikheid. – Psalm 98:7

Die ganse geskape werklikheid kom in beweging voor die almag en heerlike verhewendheid van God. Dis asof die natuur self nie sy opgewondenheid kan inhou nie. Pragtige beeldspraak, stel jou dit voor … die see druis, die aarde juig, die riviere klap hande (ʼn pragtige beeld), die berge jubel.

God se heerskappy waarvan daar gewag gemaak word, het reeds met die kruis en opstanding van Jesus ʼn werklikheid geword. Dit word as die koninkryk van God beskryf. Daardie heerskappy sal uiteindelik in sy volle heerlikheid deurbreek op God se bestemde tyd wanneer die Seun van die mens weer op die wolke verskyn.

Hoe kan ons met gevoude hande en sonder deurleefde opgewondenheid deelneem aan eredienste terwyl alles rondom ons in beweging kom?

Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde, hoe glansryk alles wat U in die hemelruim geplaas het. – Psalm 8:2

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gerhardt O ·

Dankie vir hierdie daaglikse rubriek Maroela. Ons waardeer dit opreg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.