ToekomsVenster: Die krag lê in die eenvoud

stoel-hoet-eenvoud-somer

Foto: Ulleo/Pixabay.com

“Al die gelowiges was eensgesind en het alles met mekaar gedeel. Hulle het hulle grond en besittings verkoop en die geld aan almal uitgedeel volgens elkeen se behoefte. Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die gemeenskaplike maaltyd gehou, hulle kos met blydskap en in alle eenvoud geëet en God geprys. Die hele volk was hulle goedgesind. En die Here het elke dag mense wat gered word by die gemeente gevoeg.” – Handelinge 2:44-47

Een van die groot vrae wat ons moet vra, is waarom die kerk van vandag met soveel vryheid, mannekrag, hulpmiddels, invloed… soveel minder impak het?

Kerkgroei het natuurlik nuwe uitdagings aan kerkwees gestel. Dit was een ding om huiskerkies in die eerste eeue te organiseer, maar iets heel anders toe die Christendom groei tot in die miljoene.

Dis nie verkeerd om strukture en hulpmiddels te hê nie, maar ons mag nie verlief raak op ons strukture en simbole nie. Elke nuwe geslag het nodig om weer die eenvoud van kerkwees te herontdek. Weer te ontdek wie ons eintlik is onder al die sogenaamde hulpmiddels, mooimaakgoed en strukture. Te ontdek dat die potensiaal van die kerk om ’n agent van verandering te wees, op heeltemal ’n ander plek lê.

Gedagte

Wat leer Handelinge 2:44-47 ons oor die eenvoud van kerkwees? Is dit moontlik vandag?

Gebed

Laat U Koninkryk kom, soos in die hemel, so ook op die aarde; ook in ons tyd. Amen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.