ToekomsVenster: Die krag van gebed


gebed

Argieffoto.

Julle wat mag besit, is julle uitsprake werklik regverdig? Is julle beslissings in die sake tussen mense billik? Nee, julle optrede in die land is die ene korrupsie, met geweld gaan julle deur die lewe. – Psalm 58:2-3

Ek wens ek kan hierdie verse voor sommige leiers in ons land gaan neerlê. Ek wonder of hulle hulself daaraan sal steur?

Interessant dat daar niks nuuts onder die son is nie. Die Ou Testamentiese Israel, die volk van God (gelowiges) word meermale in die Ou Testament verwyt vir hul onregverdige optrede teenoor veral weerlose mense. Dis maklik om mense wat geen verweer het nie te boelie. ʼn Mens moet net nie vergeet dat daar ʼn dag van afrekening kom nie. God het ʼn sagte plek vir weerlose mense.

Weerloosheid moet egter nie ʼn rookskerm wees waaragter ʼn mens wegkruip nie. In ʼn demokratiese bestel het elke mens, ongeag sy of haar stand in die samelewing, ʼn stem. Daardie stem kan en moet gehoor word. Daar is baie geleenthede waar die volk kan sê hoe hulle voel.

Ons sterkste wapen is egter die krag van gebed. Ouma het altyd gesê: “God slaap nie.”

Dis nie altemit nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Muis ·

En ouma is nie verkeerd nie God sluimer of slaap nie, regverdigheid sal seevier glo en hou aan bid ons Verlosser sien ons lyding en Hy sal daar wees!!AMEN

Mariaan ·

Ek wil net baie dankie se dat ek deel kan wees van die pragtige blad. Ek geniet elke dag se stilte tyd en toekomvenster dagstukkie en gebede. Dis so wonderlik om op my foon te kan ingaan en al die inspererende gedagtes en gebede te kan volg. Dit maak elke dag so wonderlik en ek het sommer nuwe lewe gekry. Baie dankie vir julle tyd wat julle insit om vir mense soos ek die dag die moeite werd te maak en uit te sien na more oggend wanneer die nuwe boodskappie my weer gaan dra deur n wonderlike dag geskep uit ons Vader se hand en julle insperasie. Mag die nooit ooit dood loop. Julle is wonderlike mense van Jesus en so het julle my ook dat ek nie kan wag vir die volgende een. Geseend is elk een wat n bydra tot die wonderlike idee het.

Sune van Heerden ·

Dagsê Mariaan

Dankie vir jou positiewe terugvoer!
Ons waardeer dit.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.