ToekomsVenster: Die krag van God is aan die werk

(Foto: Patrick Tomasso/Unsplash)

Verder, elke priester staan dag vir dag sy diens en verrig, en bring elke keer weer dieselfde offers, wat tog nooit die sondes kan wegneem nie. Maar Jesus Christus het één offer vir die sondes gebring en vir altyd aan die regterhand van God gaan sit. Nou wag Hy daar totdat sy vyande aan Hom onderwerp is. – Hebreërs 10:11-13

Wat doen Jesus nadat Hy die volmaakte offer gebring het?

Hy gaan sit aan die regterhand van sy Vader en kyk met genoegdoening hoe sy voltooide werk uitspeel op die aarde, beide wat die bose magte betref asook die lewens van mense wat aan Hom behoort.

Die teks sê “Hy wag”, wag op die volle uit- en deurwerking van sy voltooide versoeningswerk.

Ek beleef in hierdie teks ʼn uitnodiging om God nie alleen met alles te handel nie; nie jou sonde in die eerste plek nie, maar ook jou onvermoë om te doen wat op jou weg gelê is. Hy vra om Hom ten volle te vertrou en dan te gaan sit en wag op die uitwerking van hierdie hemelse vertroue.

Nou is die angstigheid en bekommernis op die agtergrond. Die oorwinning is behaal, die prys is betaal, die Woord is gespreek, die teken is gegee, die belofte word verwesentlik en die krag van God is aan die werk. Al wat nou oorbly is om te sit en te wag.

Sit aan die Regterhand van die een wat in die hemel troon, ʼn posisie van heerskappy in sy Seun. Vertroue, geloof, verwagting, opgewondenheid en heerlikheid.

Let op die woorde, “vir altyd, volkome”. Dit is hoe God werk. Hy doen dinge nie halfpad nie. Sy Woord het integriteit. Teenoor die herhaalde, eintlik futiele pogings van die priesters wat daagliks weer en weer sonder ophou maar sonder standhoudende effek moes offer.

Die Woord sê mos: “dit is volbring”. (Joh.19)

Kom ons stap weg van menslike pogings wat nie uitkoms op die lange duur kan gee nie. Ken Hom in al jou weë en Hy sal jou paaie gelyk maak. (Spr.3:6)

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.