ToekomsVenster: Die laaste en finale gesag

gras-dou-son

Foto: Fauzan Saari/Unsplash

Soos Z die laaste letter van ons alfabet is is God in Christus Jesus deur die Heilige Gees se werking die laaste en finale gesag in alle sake. Hy spreek die laaste woord by wyse van spreke. Nadat alles verbygegaan het is Hy en sal Hy steeds op die troon wees. Hy word nie deur aardse gebeurlikhede ontwrig of ontsenu nie.

Ons het die afgelope paar weke saam nagedink oor ʼn aantal karakter eienskappe van God n.a.v. die ABC. God is groter as die ABC, Hy is die bron, dIe oorsaak en die gevolg. Soos daar nie ʼn letter aan die anderkant van Z is nie so is daar geen lewe, potensiaal, energie of stimulus anders as God nie. Alles verder is pseudo verskynsels, namaaksels, voorgee, desnoods leuens. Die duiwel is die vader van alle leuens en pretendeer dat hy in beheer is. Ek vind dit altyd interessant dat tydens Jesus se woestyn ervaring en die versoeking deur die duiwel hy ewe arrogant aanbied om die koninkryke van die aarde aan Jesus te gee sou Jesus hom aanbid.

en sê vir Hom: “Dit alles sal ek vir U gee as U neerval en my aanbid.” – Matteus 4:9

Daar is verskillende gedagtes oor hierdie gebeure. My verstaan is dat die aarde en die volheid daarvan onvervreembaar aan die God van hemel en aarde behoort. Hy het skeppingswoorde gespreek en alles wat bestaan het ontstaan. Ons leef somtyds asof ons beheer oor alles en almal het. Ons is egter verganklik en ons bestaan op aarde is van korte duur.

Teenoor die verganklikheid van die mens staan die ewigdurende bestaan van God. Alles kulmineer in Hom. Wanneer Jesus weer op die wolke kom sal die Koninkryk in volheid deurbreek. Alles sal aan God onderwerp word. Ook Jesus sal Homself aan sy Vader onderwerp. God, alles en in almal.

Wanneer alles dan aan die Seun onderwerp is, sal Hy Hom ook self onderwerp aan die Vader wat alles aan Hom onderwerp het. So sal God alles wees vir alles. Onverstaanbaar misterieus maar waar. – 1 Kor. 15:28

Is Hy die A tot Z van jou bestaan?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Von ·

U genade alleen Here dit is waarop ek my hoop bou…ongeag wat in die wereld aangaan, U bly in beheer en is die waarmaker van U Woord.

Dries ·

Maak nie saak wat gebeur nie, al sak alle hel op ons as gelowiges toe, ons is veilig in ons Hemelse Vader se Hande en niemand kan ons van Sy liefde skei nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.