ToekomsVenster: Die laaste vyand sal ook vernietig word

(Foto: Sebastien Gabriel/Unsplash.)

“Dood, waar is jou oorwinning? Dood, waar is jou angel?” – 1 Kor. 15:55

Die dood is ʼn werklikheid, so wreed, koud en onwelkom soos dit ook al kan wees en is. Miskien het ek iewers iets vergeet, verleer of nie verstaan nie maar die dood kan nie mooi gemaak word nie. Dis is koud, wreed en seer.

Paulus praat van die dood as die laaste vyand in 1 Korintiërs 15:26.

Covid-19 saai verwoesting regoor die wêreld en hier in Suid-Afrika het dit ons ook geraak, selfs my vriend, Louis Wilsenach. Hy was die derde Covid-19 slagoffer in Suid-Afrika.

Nadink oor die dood is belangrik. Jou dood in die besonder. Vrae soos is ek gereed en wat van die wat agterbly is beslis belangrik. Die tyd van afsondering is ʼn uitstekende geleentheid om hierdie dinge agtermekaar te kry. Moet dit nie laat verbygaan nie.

Maar leef terselfdertyd voluit. Feit van die saak is dat jy vandag nog lewe en vertrou dat jy ʼn goeie leeftyd sal bereik.

Ons almal het ʼn rakleeftyd maar jy hoef dit nie nader te wens nie. Geniet die mense, geleenthede en guns wat vandag deel van jou werklikheid is.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yvonne ·

Here Jesus U het die dood oorwin…ons troos is dat ons saam met U sal wees

OW ·

Paulus verduidelik iets van verheerlikte menswees in 1 Kor 15:55.Ons gaan verander en verheerlik word.Presies hoe?Selfs nadat Paulus baie sinne daaroor geskryf het,is alles nog nie eens naastenby duidelik nie.Waarom nie? Omdat dit om ‘n ander soort werkilkheid gaan as dit wat ons ken.Paulus wou maar net ‘n paar buitelyne trek.Die prent sal eers dán voltooi word.En ons gaan ‘n paar verassings kry.(Apokaliptiek, Vervulling van profesieë)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.