ToekomsVenster: Die liefde glo en dien die waarheid

kruis-sonsondergang-wolke

Foto: Aaron Burden/Unsplash.com

Liefde is ʼn wonderlike gawe. 1 Kor. 13. Dit is lankmoedig en verdraagsaam, vriendelik en nie jaloers nie. Dit praat nie groot nie, is nie opgeblase nie, handel nie onwelvoeglik nie en soek nie eie belang nie.

Selfsug is nie ʼn uitdrukking van liefde nie. Die liefde raak nie verbitterd nie, hanteer en vergeef teleurstelling. Dit is nie hardvogtig nie en hou nie boek van die kwaad nie, maar vind die genade om die verkeerde agter te laat en daar verby te kom. Dit raak nie verbitterd nie en betaal nie in eie munt terug as jy te nagekom is nie. Dit is uiteraard nie bly as ander swaar kry nie maar doen iets daaraan. Dit het empatie met mense se uitdagings en tree betekenisvol toe. Dit bly by, glo en dien die waarheid onder alle omstandighede.

Uiteindelik, liefde bedek, glo, hoop en verdra alles. Dis alles baie praktiese sake en ʼn mens kan jou optrede daaraan gaan meet. Waar ons faal, kan ons God se vergiffenis vra en aanvaar dat Hy ons deur sy Gees bemagtig om voortaan anders te lewe. Hoe lyk dit met die beoefening van liefde soos God dit bedoel het in jou lewe?

Kyk weer na die Seun. Sy aardse optrede getuig van onvoorwaardelike liefde. Dis ook hoe Hy oor jou voel.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.