ToekomsVenster: Die liefde van Jesus is wonderbaar

Foto: @cathalmacan/Unsplash.com

Daar is sulke uitnemende liedere wat direk en indirek die liefde van God besing. Ek dink aan:

“Die liefde van Jesus is wonderbaar, kom ons verheerlik sy Naam tesaam.
“Ons aanvaar jou met die liefde van die Heer
“God is liefde, juig ons harte en bedink wat liefde doen.
“Ek wat vergiffenis Heer ontvang het, sing dankbaar my verlossingswerk” – alles begrond in die liefde van God.

Dink ook aan die bekende “O Heer my God, hoe groot is U” en daardie mooi Engelse lied “We are one in die Spirit, we are one in the Lord”.

Ps. 133 verwoord die eenheid tussen gelowiges met olie wat drup oor die baard van Aaron. Die Here belowe sy seën waar mense in eenheid leef en dien. Dis liefde in die praktyk.

Hoe kry ʼn mens klaar met die liefde?
Dit maak ʼn mens net buitegewoon opgewonde.

Dit is belangrik om daarop te let dat Jesus ons getuienis in die wêreld ( Joh.17) nie anker in imposante kerkgeboue en komplekse – hoe indrukwekkend, funksioneel en doelmatig dit ook al mag wees nie.

Nee, Hy begrond ons getuienis en impak in die wêreld in die liefde.

Here, help my ons om vir U en ander so lief te hê.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.