ToekomsVenster: Die lyn tussen ‘ons’ en hulle’

saam-eet-en-drink-pexels

Foto: Burst/Pexels.com

“Dit maak nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie: in Christus Jesus is julle almal één.” – Galasiërs 3:28

Jesus nooi die wat buite is na binne. Die wat buite die stadsmure gebly het, was dié wat só onrein was, só vuil was dat hulle nie eers binne die stadspoorte mag gekom het nie. Dit is “hulle” wat welkom is by Jesus se feestafels. Die ironie is dat dié wat so dink dat hulle reg is – hulle alleen uitverkorenes is, hulle alleen heilig is – is dié wat Jesus nie voor Sy oë wil sien nie.

Dink hieraan

Die grens tussen goed en sleg lê nie tussen “ons” en “hulle” nie, maar eerder deur die middel van ons elkeen se harte.

Doen dit

Gaan sit ’n slag by “hulle” tafel, stap ’n slag in “hulle” woonbuurte rond, nooi “hulle” vir ’n ete (braai is ook reg).

Gebed

Here, vergewe my as ek “hulle” laat buite staan. Help my om te verstaan dat “hulle” die eregaste by U tafel is en ook by my tafel moet wees. Amen.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ç. ·

Die enigste “ons en hulle” wat daar regtig is, is ons wat Jesus Christus volg, en hulle, ons geliefde familielede wat verlore is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.