ToekomsVenster: Die menslike broosheid

Foto: @seashellinlove/Unsplash

Net wanneer ʼn mens dink dit is veilig om dit buite te waag gebeur daar iets onvoorsiens. In die onlangse verlede is dit die bedreigende koronavirus, ook bekend as Covid-19, wat die hele wêreld op hol het. Gesigsmaskers is onbekombaar. Wie sou nou dink dat dit ʼn gesogte produk sou wees?

Berigte van moontlike besmetting in ander lande maak mense senuagtig. Duisende mense is reeds dood terwyl tienduisende die virus opgedoen het. Wat ʼn mal, deurmekaar, kwesbare, veranderende wêreld is dit nie waarin ons woon nie.

Op datum weet ek nie van ʼn teenmiddel wat effektief daarteen ingestel kan word nie. Die Chinese bou hospitale oornag. Mense raak krities oor mense wat van China afkom. Verskeie ekonomieë steier reeds. Die wêreld is in rep en roer.

Skielik besef mense hul broosheid. Siekte soos hierdie diskrimineer nie tussen mense nie. Kwalifikasies kan nie as omkoopmiddel aangebied word nie. Posisie en sosiale stand beïndruk die virus wat van wie weet waar af kom eweneens nie. Gesond leef is belangrik maar verskans niemand volledig nie.

Die ou mense het gesê ʼn mens moet reg leef. Die Here kan jou vandag kom haal.

Ons dien die Here nie net vir eendag nie. Die sin van dievan hierdie tyd is juis om besig te wees met Koninkrykswerk. Juis omdat die tyd kosbaar en onvoorspelbaar is behoort ʼn mens elke dag volledig as gawe uit die hand van die Here te ontvangs. Moenie dat vandag, terwyl jy goeie gesondheid geniet en die meetsnoere ʼn lieflike plekke val, by jou laat verbygaan nie.

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Yvonne ·

Dankie Here Jesus dat ook in tye soos die ons by U kan skuil

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.