ToekomsVenster: Die nood van die armes en behoeftiges gaan nie by hom verby nie


Leierskap-bemagtig

Argieffoto.

Psalm 72:1 – “Leer tog die koning, o God, om te regeer volgens u wil, leer die koning om die reg te handhaaf soos U dit wil.”

Ai, van bedenklike leierskap wat mank gaan aan integriteit en ʼn sterk morele onderbou het ons genoeg in hierdie wêreld. Leiers vorder gewoonlik van ʼn nederige begin na ʼn posisie van beheer en magsvertoon. Van die aanvanklike beloftes om die mense wat die leier daar geplaas het met oorgawe te dien, kom dikwels niks. Die geneigdheid om te manipuleer en vir eie gewin op te tree kry dikwels die oorhand.

Die koning van Psalm 72 het ʼn ander gesindheid. Die koning spreek die begeerte uit om verdruktes en armes te ondersteun en die verdrukkers self by te kom. Die nood van die armes en behoeftiges gaan nie by hom verby nie. Ongelukkig kry ʼn mens nie baie van daardie soort leierskap in ons wêreld nie. God, die Koning van sy koninkryk regeer totaal anders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

E ·

Ja, en ons kyk so vas in omstandighede en debatte dat ons nie meer bid nie. Gebed het groter krag as stryery wat niks oplewer nie! Ek bid nie meer soos ek moet nie. Miskien meer bid en minder kla?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.