Psalm 85:2 – “U was goed vir u land, Here, U het aan die nageslag van Jakob ʼn nuwe toekoms gegee.”
Ons begeer ʼn nuwe toekoms in hierdie getraumatiseerde land van ons. Gebed moet egter tot dade van gehoorsaamheid oorgaan. Die nuwe toekoms kom deur ons, as kinders van die Here, se gehoorsaamheid en dade van geloof. God was getrou, gister, eergister en verder terug. Hy het nie verander of geskuif nie. Ons het ons posisie verlaat en ons impak verloor. Is daar genoeg oortuiging en dringendheid by ons teenwoordig om die geleentheid aan te gryp en die verskil te wees waarvoor ons bid?
- Bel Drienie by 011 665 2017 of besoek ons by www.toekomsvenster.co.za asook www.toekomsvenster.bybelmedia.org.zavir inligting oor ʼn verskeidenheid stiltetydhandleidings, kleingroep-DVD asook preeksketse vir leraars en gemeentes.
Amen
Ek wens mense wat so negatief is oor ons land is en praat, wil dieselfde energie gebruik om die boodskap by al ons mense uit te kry. By ons God is alles moontlik