ToekomsVenster: Die offergawes in die eerste kerk

jb-10

Foto: Juanita Badenhorst.

Lees: Handelinge 2:42-47; 4:32-37

Raak prakties

Net soos vandag het die eerste gelowiges baie faktore gehad wat om hul geld gekompeteer het. Hoë lewenskostes, belastings en wydverspreide armoede het sake bemoeilik. Ten spyte van al hierdie uitdagings het hulle nog steeds ’n manier gevind om offergawes te bring. Watter plan van aksie het jy in plek om te midde van uitdagings ook jou offers met blydskap te bring?

Iets om oor na te dink

Om uit te ryk na dié wat in nood is, is ’n teken van die karakter van die koninkryk van God. Met hierdie aksie word God verheerlik (Matteus 5:13-16). Die resultaat van hierdie vrygewigheid van die eerste gelowiges was dat ander na God toe getrek is (Handelinge 4:32-35). Hierdie organisatoriese struktuur is nie ’n Bybelse opdrag nie, maar dit bied wel belangrike beginsels aan gelowiges om te volg.

Gebed

Here ek wil graag met gehoorsaamheid en blydskap my offers aan U bring.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Spook ·

Nee Dr Danie wattet plan het jy om jou inkomste te verdien? Die uurgkas het uitgeloop vir nikswerd bedelaars.

pieter ·

Spook. Na wie verwys jy as nikswerd bedelaars? Hopenlik nie na die kerk van die Here nie.
My inkomste het ek van die Here gekry want n gesonde liggaam en verstand is vir my gegee. Vat dit weg en waar kom jou inkomste vandaan? En hoe het ek dit geleer? van my ouers ,predikante en deer die Heilige Gees. Daarom gee ek my DANKoffer sodat predikante die woord kan verkondig vir wie wil leer wat daartoe geroep is deer die Here. Verskriklik is dit vir die persoon wat dit verag.

Adam ·

Nogsteeds n manier gevind om die minder intellektuele leeg te tap. Kry n plek om n regte ekonomiese bydrae te maak. Mense raak slimmer as om die vrees polisverkopers te glo

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.