Anna is ʼn profetes wat haar daagliks met die dinge van God besig hou. Sy was as jong vrou vir ʼn skamele sewe jaar getroud toe haar man haar ontval het. Daarna het sy nooit weer in die huwelik getree nie, maar haar in ʼn lewe van vroomheid begewe.
As sy die Verlosser van die wêreld in die gestalte van ʼn hulpelose babaseuntjie in die arms van sy ouers by die tempel ontmoet, sing sy ʼn lofsang. Sy dank God vir die kindjie en begin almal wat na die verlossing van Jerusalem uitgesien het van die kindjie vertel.
Ek soek die laaste paar dae na “gedagte vir die dag”. Maroela het ek iets iewers gemis?
Dagsê Susan
Die “Gedagte vir die dag” word definitief nog elke dag gepubliseer, maar dit is moontlik dat dit nie op die app wys nie – ons het ontdek daar is moontlik ‘n tegniese fout. Lees gerus die “gedagte van die dag” hier: http://maroelamedia.co.za/kategorie/goeiegoed/stiltetyd/
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Dankie Suné. ‘n Geseënde Kersfees vir die Maroela Span. Mag julle ‘n vreugdevolle en veilige feestyd beleef. Mooi wense vur julle almal.