ToekomsVenster: Die ou manier van dink

Foto: Juanita Badenhorst.

Lees: Romeine 12:1-2:

“1 En nou doen ek ‘n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen. 2 Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.”

Een van die probleme wat ons op pad na versoening moet hanteer, is die feit dat baie mense – baiekeer onsself ook – vasgevang sit in ou denkpatrone en paradigmas. Soos pa en ma gedink het, dink ek ook! Wat vir hulle goed was, is vir my ook goed. Natuurlik is ons geskiedenis en ons tradisies vir ons baie belangrik. Ons is trots op ons wortels! Maar ons moet ook leer om aan te pas. Nuwe situasies vra nuwe denke en denkpatrone. Wanneer ons met mense uit ons eie geledere, maar ook met dié uit ander groepe aan die praat raak oor ons land en oor alles wat in ons land op ons wag, die nuwe paaie waarop ons moet leer om saam te loop, sal ons dikwels daarmee te make kry: mense verander nie graag nie!

Gelukkig is dit juis hier waar die Bybel vir ons ’n wonderlike boodskap bring. Jesus maak alles nuut! Hy skink nuwe wyn uit nuwe wynsakke! “As iemand in Christus is,” het Paulus geskryf, “is hy (en sy) ’n nuwe skepping. Die ou dinge het verbygegaan. Alles het nuut geword!” (2 Kor. 5:17)

Gebed:

Vader God, U woord sê dat U my gedagtes ken nog voordat ek dit gedink het. Ek bely dat my gedagtes oor ander mense nie altyd eerbaar en opbouend is nie. Vergewe my. Vergewe my dat my gedagtes soms boos is en my optrede negatief beïnvloed. Ek bid dat U ook my gedagtes sal vernuwe.

Leefwyse:

Dis nie altyd maklik om nuut te leer dink nie, maar dis bevrydend!

Om oor na te dink:

Praat met iemand daaroor: Watter dinge en watter opvattings in ons verlede is goed en mooi en help ons op die pad vorentoe? En watter dinge is ʼn blok aan die been? Hoe vind ʼn mens die balans tussen die oue en die nuwe?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.