ToekomsVenster: Die predikant en vergoeding

kerk-bankies

Foto: Nikko Tan/Pexels.com

Lees: 1 Korintiërs 9

Uit die vorige dagstukkies is dit baie duidelik dat gelowiges ’n verantwoordelikheid het teenoor die wat in nood is. Die vraag rondom die predikant en sy of haar vergoeding word egter al hoe meer bespreek in vandag se samelewing. Baie gelowiges vra of dit Bybels is om predikante salarisse te betaal. So, is geestelike leiers geregtig op vergoeding?

Raak prakties

Gelowiges of lidmate wat individueel en korporatief voordeel ontvang van geestelike leiers moet verantwoordelikheid opneem vir die versorging van hul leiers. Verantwoordelikheid rus op alle gelowiges om beide arm mense en die werk van die Here te ondersteun. Watter plan van aksie het jy in plek?

Iets om oor na te dink

Gelowiges moenie aan hul offergawes dink as salarisse aan predikante nie, want dit kan die versoeking vir eie gewin bevorder. Sien salarisse eerder in die lig van “die kerk betaal nie salarisse nie, maar voorsien eerder geestelike leiers van hulpbronne (resources) sodat hulle vrylik kan bedien.

Gebed

Here, baie dankie dat ek ’n belangrike rol vertolk met my offergawes in U kerk.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Oom Piet ·

Die al hoe meer verhewe leefstyl tussen predikant gesin en meerderheid lidmaat gesinne is ‘n al ernstiger probleem wat daadwerklike kerkraad regstelling/s verg, sonder ring of senode inmenging wat besparings vir hulself gewin mag wil ingryp.
Dis mos verkeerd dat die predikant (gesin) meer netto besoldig word, meer/duurder karre ry, groter/duurder huis kostevry bewoon met vry onderhoud, geriewe en dienste ingesluit, meer en duurder meubels het, verniet/duurder eet en drink, duurder gekleed is, vry/beter versekerd is, duurder reis en duurder vakansies neem, duurder onderig en opleiding ontvang, ens, alles en wat betaald uit die kerk se (skuld ophopende) koffer. Watookal direk aan Prediker geskenk kom met beter diens /aandag verwagtinge.

Bid vooraf vir vergifnis en vra God Almagting vir medeliefde wysheid en insig, met dank.

Elke lidmaat gesin kan onverwags deur ‘n onversekerde inkomste terugslag of las getref word, dus hoort die lidmaat gesin verskans en deur die drif gedra word uit die ophehoopte spaarkas bydrae versamelings van die lidmate van die kerk. Ditto alle derglike tekorte van minder bevoregte ingeskrewe bydraende lidmaat gesinne, Ditto die kerk, ring en sinode belange verg ook nie-buitensporig redelike bystand en groeps versekerings bydraes.

Eish ·

Jul moet maar sê wat julle wil, Paulus het nooit n salaris getrek nie, maar met sy hande gewerk vir n lewensonderhoud. Slegs in gevangenisskap het hy bydraes ontvang vir sy versorging en nooit gevra daarvoor nie. Sy kollektes was altyd om ander gemeentes by te staan wat in nood was vanweë iets soos droogte.
Onlangse beriggewing op Maroela toon n Bloemfonteinse pastoor wat in n ongeluk was met n motor van R1m.
Yeshua het gesê die voëls het neste en die jakkalse het gate, maar die Seun van die mens het geen plek waar Hy sy hoof kan neerlê nie.
Ons het te lui geword om na ons naaste om te sien deur hom te besoek in die hospitaal, in die tronke en by n oop graf, nou lei ons n paar perde op wat na die studies nie eens eenvoudige Skriftuurlike vrae kan beantwoord nie, om dit namens ons te doen en betaal ons hul daarvoor.
Ek is die tempel en my Hoëpriester het reeds nie offer gebring. Daar is nie meer priesters en Leviete nie. Yeshua het vir die ryk jongman gesê om sy besittings te verkoop en aan die armes te gee, nie die kerk of dominee nie. Laat mens dink.
Kerk het n ooreenkoms met die wêreld aangegaan vandag en is n besigheid. By Morelettapark in Pretoria kan jy waaragtig enigiets koop van n kopspeld tot n oorlogskip. Sal graag wou sien hoe Yeshua die rowerspelonk skoonmaak.

Johnna ·

Duidelik kan jy sien die mense weet nie waarom die bediening gaan nie.
Paulus sè dat hulle deur die evangelie sal lewe.Neren sè die Bybel hulle moet verniet werk nie hulle vervul die bedieninge wat God daar gestel het.
Gee meer om vir hulle want God het n roeping op hulle lewe geplaas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.