ToekomsVenster: Die probleemgevalle

ligtoring

Foto: Pixabay.com

“Die tollenaars en sondaars het almal die gewoonte gehad om na Jesus te kom luister. Hierteen het die Fariseërs en die skrifgeleerdes beswaar gemaak en gesê: ‘Hierdie man ontvang sondaars en eet selfs saam met hulle.’” – Lukas 15:1-2

Jesus kom wys ook vir ons hierdie ander beeld van God.

Volgens Jesus word ons geroep om almal lief te hê, selfs ons vyande.

Floyd McClung het jare gelede ’n boek geskryf met die titel “Learning to love people you don’t like”. Dis waarskynlik ons Christene se grootste uitdaging vandag. Om in liefde op te tree, al hou jy nie van dit wat gebeur nie, of die wat dit laat gebeur nie – om jou kant skoon te hou en ’n lig te wees in die duisternis.

Gedagte

Christene word nie geroep om God se polisie te wees wat die wêreld uitvang en op hulle foute wys nie. Sondaars het welkom gevoel by Jesus.

Gebed

Dankie dat U genade so groot is dat daar selfs plek is vir my. Amen.

Onthou die tyd van gebed vanaf 25 Mei (Hemelvaart) tot 4 Junie (Pinkster).

Die huidige knelpunte roep ons om ernstig te bid vir ons land en sy uitdagings met die verwagting dat die Here ons sal gebruik om die verskil te leef. Christene word opgeroep om daagliks te bid net waar hulle hulself bevind, veral gedurende die goue uur van gebed vanaf 12:00-14:00.

Daarbenewens word gelowiges uitgedaag om veral saam met onbekende mense te bid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

M. E ·

Dankie God dat U my raakgesien het waar ek naak in ellende gelê en sterf het. Dankie dat U my opgetel het en gewas het, vir my klere aangetrek het en my wonde verbind het. Dankie vir U liefde en genade wat my geleer het om ander ook te help. Ek wil meer soos U wees en minder soos die satan wat haat en vernietig, omdat ek U ontsettend liefhet my liefdevolle Vader. Dankie dat U vir my sorg en dat U my binneste met U vrede vul. Dankie dat U my trane afgedroog het sodat ek nou ook ander se trane kan probeer afdroog na die beste van my vermoë. Dankie dat U soveel vreugde in my lewe bring dat ek ook vir ander kan probeer vreugde gee. Vorm my en lei my op U weë Vader want U is alles vir my.

Bees ·

As ek so kyk na die nuusartikels oor moord en aanvalle lyk dit nog presies dieselfde as voor “It is time” Dit is net soos ek voorspel het toe Oom Aartappel en sy 700 000 skapies wonderwerke beloof het sedert daardie datum- geen verandering en geen wonderwerke.

Dries ·

“oom Aartappel” sooss Bees noem se gebede sal wel een of ander tyd verhoor word. Gebed is nie ‘n tower formule wat jy binne’n oogwink alles op ‘n skinkbord kry net soos jy dit wil hê nie. GOD het Sy tyd, Hy sal wel ‘n gebed van opregte gelowiges verhoor, op die regte stadium. Ten minste het hierdie “700000 skapies” hulle toevlug na GOD geneem en geroep om hulp. Hulle is nie besig om ydele lugkastele te bou en dink mens kan sonder GOD klaarkom nie. Al gaan iets tydelik voorspoedig sonder Hom sal enigiets vroeër of later platval.

Lukie Carelsen ·

Bees, God werk en dink nie soos mense nie. Daar is reeds GROOT veranderinge besig om in die land ten goede te gebeur. Die vyand vernietig homself van binne af sonder dat ‘n mens ‘n vinger verroer. Skandale word oopgevlek en bedrog en korrupsie word aan die kaak gestel. Daar is by my geen twyfel hoegenaamd dat die gebede verhoor word nie – maar op God se manier en op God se ryd. S.A. sal nooit weer dieselfde wees nie!

Bees ·

Lukie Nkandla,lokomotiewe ens. was ook voor oom aartappel se it is time oopgevlek. Moorde en aanvalle voor en na it is time. Wat is jou punt? Dat jou verbeelding op hol gaan en jy nou weer glo en dink soos n kind?

Bees ·

Nee ou Dries ,oom Aartappel en sy skapies het gese na daardie dag gaan verandering en wonderwerke gebeur. Hou op gorrel.

Bees ·

Dit was GLAD nie wat oom aartappel en sy skapies “geclaim”het nie Driesie. En nou is dit weer 1 dag is soos 1000jaar. Die dat die slang 1dag gepraat het en 2000jaar nie.En nou gaan jy vir my bid en/ of hel toe stuur. Liefde die Tandemuis.

Lukie Carelsen ·

Bees: jy vra my wat is my punt. My punt is: God werk nie soos jy en ek nie maar op Sy eie manier en op sy eie tyd. Wat dink jy het die afgelope 2 weke in S.A. verander? Is jy regtig blind? Dink jy die 200 000 eposse vd Guptas, die verval vd ANC ens ens is toevallig? Word wakker man. Moenie christene beledig wat in God glo nie. God het nog nooit enige iemand gefaal of verlaat nie. Vir jou ook nie. Jy kan se net wat jy wil maar dit sal God se liefde vir jou nie verander nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.