ToekomsVenster: Die profetiese rede; die dag en uur van die wederkoms

gebed-hand-lig

Foto: Aachal Lal/Unsplash.com

“Maar niemand weet wanneer daardie dag en uur kom nie, selfs nie die engele in die hemel nie en ook nie die Seun nie. Net die Vader weet dit. Wees op julle hoede; wees waaksaam, omdat julle nie weet wanneer die tyd daar is nie. Dit is soos ‘n man wat ver weggegaan en sy huis onder beheer van sy slawe gelaat het. Hy het vir elkeen sy werk gegee en die deurwagter beveel om waaksaam te bly. Bly dus waaksaam, omdat julle nie weet wanneer die huiseienaar kom nie, in die aand of middernag of met hanekraai of die môre vroeg nie, sodat wanneer hy onverwags kom, hy julle nie aan die slaap kry nie. En wat Ek vir julle sê, sê Ek vir almal: Bly waaksaam!” – Markus 13:32-37

Die woordjie “waaksaam” kom herhaalde kere voor in die teks.

Die huiseienaar kom terug, daaraan kan daar geen twyfel wees nie. Die slawe kan met verloop van tyd reken dat die eienaar opgegee het met die huis, ander belange ontwikkel het in die vreemde en besluit het om nie weer huiswaarts terug te keer nie. Die nota is nie afgelewer nie, moes in die pos verlore geraak het.

Aanvanklik het die slawe hul werk konsekwent en volgens die voorskrifte van die huiseienaar verrig. Gaandeweg egter het hulle verslap in hul toewyding en later heeltemal ongeërg geraak. Laat opstaan en rowwe partytjies saans saam met hul vriende het die manier van tydverdryf geraak. Die eienaar kom nie weer terug nie. Die plek behoort aan ons tot op die dag dat die eienaar wel teruggekom het.

Hulle is onverhoeds betrap terwyl alles in chaos en duidelik onversorgd en verwaarloos was. Van waaksaamheid en rentmeesterskap was daar nie sprake nie.

Daar kom ʼn dag van afrekening, Die kwaliteit van elkeen se bouwerk, dienswerk sal beoordeel word. (2 Kor.3)
As dit tot as verbrand sal die slawe verleë staan. “Moet ek gaan met leë hande moet ek so my Heer ontmoet. Nie een dag aan Hom gewy nie niks te offer aan sy voet”.

Hoe is jy besig met die uitvoering van jou taak? Sou jy jou gemoedstoestand as waaksaam beskryf?

Die Bybel sê wees waaksaam omdat julle vyand soos ʼn brullend leeu rondstap en mense soek om te verslind. (1 Petrus5:8) Dat hy baie suksesvol is daarmee is nie altemit nie. Ons sien die stukkende en verskeurde lewens oral rondom ons. Die teks sê elkeen het sy werk ontvang en die verantwoordelike ding is om daarmee besig te wees.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Anoniem ·

Ja daar is n lied. Wat sal jy doen as Jesus aan jou deur kom klop? Beantwoord die vraag maar self.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.