ToekomsVenster: Die profetiese rede; die koms van die Seun

lofprysing-gebed-hand-wolke-uitreik

Foto: @jeremyperkins/Unsplash.com

“Maar in daardie tyd, ná daardie verdrukking, sal die son verduister word en die maan sal nie skyn nie; die sterre sal uit die ruimte val en die kragte van die hemelruim sal ontwrig word. “Dan sal die mense die Seun van die mens in die wolke sien kom met groot krag en majesteit. En dan sal Hy die engele uitstuur om sy uitverkorenes bymekaar te bring uit die vier windstreke, van die een kant van die aarde af tot by die ander kant.” – Markus 13:24-27

Dis nie maklik om hierdie dinge te verstaan nie. Die Bybel trek penstrepe en gee nie presiese besonderhede van hoe dinge sal gebeur nie. Daar is groot dele wat nie aan ons bekendgemaak is nie. Ons moet versigtig wees om ons eie inhoud aan die teks toe te dig.

Die tekens waarvan melding gemaak word is tekens wat met ʼn Godsverskyning geassosieer word. Dis asof die ganse werklikheid in beweging kom wanneer Jesus verskyn. Wat ons uit hierdie gedeelte kan aflei is dat Jesus weer kom, dat Hy kom anders as die eerste keer toe Hy in nederigheid en selfverloëning gekom het om mense te dien, selfs deur die dood heen. Daardie pad het Hy tot sy finale konsekwensie geloop. Die prys is betaal, die offer is aanvaar, versoening is gedoen, die oorwinning is behaal.

Wanneer Hy weer kom, nie as nie maar wanneer sal sy verskyning gepaard gaan met magsvertoon. Groot krag en majesteit. Die wat tot die lewe uitverkies is, hulle wat hul beroep het op God se genade soos gedemonstreer aan Golgotha sal bymekaar gemaak word. Ander tekste sê hulle sal saam met Christus die lug in.

Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ’n geroep, met die stem van ’n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan Dis beelde om ons iets te vertel van Christus wat sy bruid kom haal.

Joh. 14 leer ons dat Jesus gaan plek voorberei en wanneer Hy dit klaar gedoen het kom Hy ons haal.

Niemand wat hul hoop op Hom geplaas het sal weggelaat of oorgeslaan word nie. Regoor die wêreld sal God se kinders byeen gebring word. Uiteraard kan ons tussen die lyne lees dat die mense wat hul nie aan die uitnodiging om gered te word gesteur het nie in die moeilikheid is.

Dit is vandag nog die “aangename dag” van die Here. Die geleentheid om gered te word is nog daar. Daar kom ʼn dag waarop die ongelowige sal uitroep “berge val op my en heuwels bedek my”. (Lukas 11:30)

Die dag hoef egter geen bedreiging in te hou nie.God se hand van versoening en vrede is ook nou na elkeen uitgesteek.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Sonia ·

Ja Dries, niks, maar niks, kan met daardie dag vergelyk word nie! Ek bid net baie ernstig vir geliefdes wat nog die knie voor ons Here Jesus moet buig sodat hulle ook sal uitsien sonder vrees na daardie dag saam met ons

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.