ToekomsVenster: Die prys wat Hy betaal het


dra-n-kruis

Argieffoto.

Hulle het van my rug ʼn ploegland gemaak en daar lang vore op getrek. – Psalm 129: 3

Hierdie woorde herinner sterk aan die pynlike ervaring wat ons Here as deel van sy lydingservaring beleef het.

Jes. 53 is baie bekend. Vers 3 Hy was verag en deur die mense verstoot, ʼn man van lyding wat pyn geken het, iemand vir wie die mense die gesig wegdraai. Hy was verag, ons het hom nie gereken nie.

Die ongeëwenaarde vernielsug van óns sonde gerig aan die adres van die Koning van die konings.

Vers 7 Hy is mishandel, maar hy het geduldig gebly, hy het nie gekla nie. Soos ʼn lam wat na die slagplek toe gelei word en soos ʼn skaap wat stil is as hy geskeer word, het hy nie gekla nie.

Lukas 22:63 En die manne wat Jesus gevange gehou het, het Hom bespot en geslaan.

Mense wat weet, sê die bekende fliek van Mel Gibson, oor die lyding van die Here, skiet ver te kort in vergelyking met wat Hy werklik deurgegaan het. Ek kyk liewer weg wanneer daardie tonele vertoon word. Die prys wat Hy betaal het om my skuld weg te neem, is ongeëwenaar in die geskiedenis van die mensdom. Onthou, dis nie een mens wat sy lewe vir ʼn ander gee nie, dis die Seun van die mens wat Sy lewe gewillig aflê.

Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Goddelike wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie, maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van ʼn slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het, het Hy Homself verder verneder. Hy was gehoorsaam tot in die dood, ja, die dood aan die kruis. – Filippense 2 :6-8

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

AL ·

Dankie Christus dat U n onmenslike lyding deurgegaan het om n ondankbare mensdom te red van die ewige dood.

Ina ·

Dankie vir elke dag se bemoedigende woorde. En dankie Here dat Jy Jou Seun vir ons sondes laat sterf het. Jesus, dankie Broer vir jou onge-ewenaarde opoffering en Liefde wat Jy aan my en jou ander broers en susters betoon het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.