ToekomsVenster: Die rol van geld en Christenskap

ou-geld

Foto: Pixabay/Pexels.com

“Vooraf het hy tien van sy slawe geroep en aan hulle tien goue muntstukke gegee en gesê: ‘Dryf handel daarmee totdat ek terugkom.’” – Lukas 19:13

Baie gelowiges wil geld afsonderlik van hulle Christenskap sien. Die gedagte dat geld en geloof ’n eenheid vorm wat byna onskeibaar is, gaan moeilik af by baie gelowiges. Een argument is dat die Evangelie nie verniet is nie en dus moet dit vrylik en gratis verkondig word. Hierdie stelling mag dalk vroom klink, maar dis nie Bybels of prakties nie. Soms word daar gevoel dat daar te veel in die kerk oor geld gepraat word en dit mag dalk waar wees.

Hoe dit ook al sy, geld vorm ’n integrale deel van ons daaglikse lewe soos ons teks dit uitbeeld. Net soos geld nie los van ons lewens staan nie, net so staan die kerk ook nie los daarvan nie. Inteendeel, die Nuwe Testament bevestig hierdie waarheid wanneer daar verwys word na gelowiges wat werk, beplan, spaar en geld uitgee. Die een moenie teen die ander afgespeel word nie, maar mekaar eerder in samewerking ondersteun.

Raak prakties

Dit is belangrik dat daar ’n gebalanseerde balans tussen my geloof en my geld sal wees. Om dit reg te kry, vra dat ek ’n lewensplan, visie of ’n droom sal hê. Om by hierdie doel uit te kom, kan alleen bereik word deur harde werk en fokus. Dit alles moet natuurlik nie los staan van my geloof nie. Werk vir jou ’n praktiese, daaglikse program uit wat hierdie belangrike aspekte aanspreek.

Gebed

Dankie vir die voorreg om U kind te wees. Dankie ook vir my werk en my inkomste. Help my asseblief om my kindskap met U te koester en dat ek verantwoordelik met my geld sal werk.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Louw ·

Ek dink Christene wil alles verniet hê maar is net bereid om te betaal by hul plaaslike gemeente(soms) en bekende skrywers en kunstenaars. Ek skryf en omdat ek nie hoofstroom boeke skryf en teologië beskryf nie, kry ek geen inkomste van enige boeke wat gratis beskikbaar is op my webtuiste nie. Oor die afgelope 10 jaar is daar meer as 40000 boeke afgelaai en wag ek nogsteeds vir die eerste donasie. Verlede maand Des 2017 is daar alleen 1300 boeke afgelaai ook sonder enige donasie. Maar dit is die mense se probleem en nie myne nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.