ToekomsVenster: Die ryke verskeidenheid van God se mense


hande-in-gebed-02

Argieffoto.

Julle is die liggaam van Christus, en afsonderlik is elkeen ‘n lid daarvan. En in die kerk is daar mense aan wie God ‘n bepaalde taak gegee het. Ten eerste is daar apostels, ten tweede profete, ten derde leraars; verder is daar dié wat wonderdade kan doen, dan dié wat genadegawes ontvang het om mense gesond te maak, om hulp te verleen, om leiding te gee of om ongewone tale of klanke te gebruik. Is almal miskien apostels? Is almal profete? Is almal leraars? Kan almal miskien wonders doen? Het almal die genadegawes om mense gesond te maak? Of gebruik almal miskien ongewone tale of klanke en kan almal dit uitlê? – 1 Kor 12:27-30

Dis asof Paulus nie genoeg kan beklemtoon dat ons verskillende gawes ontvang het nie. In 1 Kor 12:8-10 noem hy woorde van wysheid en kennis, geloof, genesing, wonderwerke, profesie, onderskeidingsvermoë, spreek in tale en die vermoë om dit te interpreteer of uit te lê. Hy herhaal hierdie verskillende gawes in 12:28-30, maar voeg dan ’n paar by: apostels, leraars, mense wat hulp verleen en leiding gee. In Rom 12:7 en 8 word diens, onderrig, om te gee en bemoediging bygevoeg. In Ef 4:11 noem hy net apostels, profete, evangeliste, herders en leraars.

Petrus maak ook ’n lys. Naas gasvryheid noem hy ook ander gawes: ‘As iemand die gawe ontvang het om te preek, moet God deur hom aan die woord kom; as dit is om in die gemeente te dien, moet hy dien met die krag wat God verleen’ (1 Pet 4:11).

Ons sien al hierdie gawes en baie meer in die kerk van Jesus Christus. Die Gees van die Heer wat aan die regterhand van God sit (Ef 4:8-11) het die vryheid en vermoë om die kerk toe te rus vir haar taak.

Een saak wat Paulus en Petrus egter gedurig benadruk is dit: almal is verskillend! Petrus skryf: ‘As goeie bedienaars van die veelvoudige genade van God moet elkeen, namate hy ‘n genadegawe ontvang het, die ander dien’ (1 Pet 4:10). Almal het nie dieselfde gawe nie: ‘Ons het genadegawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het’ (Rom 12:6). In 1 Kor 12:30 vra hy die retoriese vraag waarop ‘n ‘nee’ antwoord veronderstel word: ‘Is almal miskien apostels? Is almal profete? Is almal leraars? Kan almal miskien wonders doen? Het almal die genadegawes om mense gesond te maak? Of gebruik almal miskien ongewone tale of klanke en kan almal dit uitlê?’

Beslis nie! Natuurlik wens ons dat ons al die gawes kon hê, maar dis nie soos dit werk nie. Die liggaam funksioneer nie so nie. Een deel van die liggaam kan nie ruik, hoor en proe nie! Elke gawe wat die Gees uitdeel is ’n unieke gawe aan jou en my ‘wat aan elkeen afsonderlik ‘n gawe uitdeel soos Hy wil‘ (1 Kor 12:11). So besluit die Gees waar ons inpas in die legkaart van sy liggaam. Daar is ’n plek vir ons elkeen wat deur God bepaal word.

As jy volgende keer kerk toe gaan, kyk na elke mens wat rondom jou sit met hierdie ingesteldheid: Hulle is begaafde mense! God se Gees is op hulle uitgestort. Hy het vir elkeen ’n taak. So, sê Petrus, sal ons ‘God in alles verheerlik deur Jesus Christus, aan wie die heerlikheid en die krag behoort tot in alle ewigheid!’ (1 Pet 4:11).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Boerekryger ·

As daar in die Bybel erken word dat almal verskillend is, is dit tog interessant dat daar nêrens in die Bybel verwys word na die sondige aard van die aparte ontwikkeling van verskillende bevolkingsgroepe o.g.v. hierdie verskeidenheid nie. Nêrens word dit ook pertinent uitgespel dat slegs ʼn demokratiese een-mens-een-stem bestel aanvaarbaar is nie…

Ben ·

“”Boerekryger”” Ek het ook baie vrae
Maar net een antwoord
Ons moet streef om onse Skepper waardelik te ontmoet
en om in die BYBEL te glo van af “””Genesis 1 tot Openbaaring 22″””
En ver JESUS te vra om Sy woord aan ons bekend te maak. groete
DIE VADER LAAT SY SON OOR GOEIES EN SLEGTES SKYN

Boerekryger ·

Ben. Die probleem is dat daar alreeds meer as 30 000 verskillende Christelike sektes is waarvan elkeen beweer dat slegs húlle weet wat die ware boodskap van die Bybel is. Baie Afrikaners word deesdae mislei deur heelwat kerkleiers wat die polities-geïnspireerde Belydenis van Belhar propageer waarvolgens “die gedwonge skeiding van mense op grond van ras of kleur”, verwerp word.

Jacoba ·

Spreuke 14:34 Laat U Konigkryk kom laat U WIL GESKIED….Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.