ToekomsVenster: Die sakrament van die oomblik

(Foto: Sidney Severin/Unsplash.)

Die term, the sacrament of the present moment, word aan Jean-Pierre de Caussade toegeskryf.

Dit is ʼn baie betekenisvolle ontwerp om mense bewus te maak van die groot waarheid dat ons reg verstaan net die oomblik, hierdie oomblik, hierdie vlietende oomblik wat binne ʼn oomblik onherroeplik verby is voor ons het.

Gister is water onder deur die brug. Môre is wensdenkery, ʼn droom.

Ons het net die hier en nou.

Ek was onlangs deel van ʼn inoefening van die gawe van die oomblik en moes vir ʼn geruime tyd nadink oor die gawe van ʼn enkele druiwe korrel.

Kyk en bekyk. Stadig, aandagtig, waarderend. Die fees van afsondering en die volgende koppie koffie, tee, glas melk, perske, appel of gereg, kan so ‘n oomblik word.

Is dit sommer vinnig verby, net om jou gevoel van honger te bevredig of is dit ʼn sakrale oomblik?

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.