ToekomsVenster: Die seën van die Here

lavender-blomme-buie

Foto: Pixabay/Pexels.com

“Ek sal jou ’n groot nasie maak, Ek sal jou seën en jou ’n man van groot betekenis maak, en jy moet tot seën van ander wees.” – Genesis 12:2

Die rede hoekom gelowiges egter gee, moet suiwer en opreg en nie winsgedrewe wees nie. Gehoorsaamheid soos in Abraham se lewe is van absolute belang wanneer dit kom by gee.

Raak prakties

Ons teksgedeelte toon 4 redes hoekom God ons seën. God seën my sodat ek tot seën van ander kan wees. Wanneer ek ander seën sal God my seën. Wanneer ek aan ander se behoeftes voorsien, sal God weer op Sy beurt aan my behoeftes voorsien en hoe meer God my seën, hoe meer verwag Hy van my. Daarom is dit noodsaaklik dat ek verantwoordelik met my offers sal wees om so tot seën van ander te wees.

Iets om oor na te dink

Die seën van die Here moenie gesien word as ’n voorspoedsiklus wat aan die gang gesit word deur om te dink dat wanneer jy begin gee, God meer aan jou sal gee wat jou in staat sal stel om weer meer aan ander te gee nie. Hierdie gedagte grens aan voorspoedteologie wat nie Bybels is nie. Onthou, die motivering agter “gee” is liefde en beslis nie wins nie.

Gebed

Here baie dankie vir U seën in my lewe. Help my asseblief om ook tot seën van ander te wees.

  • ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Geseend ·

Die Hele Opsomming van die Bybel sal dan Wees; Doen aan Ander soos Jy aan Jouself gedoen wil he. Matthew 7:12

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.