ToekomsVenster: Die “stryd” hou nie op nie


nuwe-dag-nuwe-persoon

Argieffoto.

Lees Galasiërs 5:16-26

Die oplossing wat Paulus voorstel, is nie om harder te probeer of om een of ander ervaring met die Heilige Gees te soek nie. Nee, hy weet alle kinders van God is reeds deur die Gees in die liggaam van Christus ingedoop (1 Kor 12:13). As dit nie so was nie, was hulle nog nie deel van die liggaam nie (Rom 8:9). Hy stel dus voor dat gelowiges beheer moet oorgee. Dit beteken om op te hou probeer om dit self reg te kry.

Dit is eers wanneer ‘n mens op die punt kom waar jy besef jy gaan nooit hierdie stryd wen nie omdat jy eenvoudig nie sterk of goed genoeg is nie dat jy maar net voor Christus kan neerval en sê: “Ek gee oor, neem asseblief oor! Sonder U kan ek niks doen nie!” Dit is wat Galasiërs 5:16  vir ons wil sê. Om so beheer oor te gee is om gehoorsaam te wees aan die opdrag wat Paulus in Efesiërs 5:18b gee waar hy ook oor hierdie stryd praat. Daar sê hy ons moet ons met die Gees laat vervul. Dit is niks anders as om jou gedrag en lewe onder beheer van die Gees te stel nie.

Die Gees is immer nie ‘n vloeistof wat jou kan vul soos water ‘n bottel vul nie. Nee, Hy is ‘n Persoon met wie jy in ‘n verhouding staan; Iemand, God self, aan wie jy beheer kan oorgee in hierdie verhouding. Wanneer jy dit doen, verander Hy ook mettertyd jou waardes en gedrag.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Adele ·

Ek stem saam dat die Heilige Gees nie ‘n vloeistof is nie, maar Hy is wel ‘n Gees en ‘n gees het nie ‘n vaste vorm nie, behalwe as hulle in opdrag van God aan mense moet verskyn, neem hulle die vorm van ‘n menslike liggaam aan.
Dus om te se dat die Heilige Gees mens nie kan vul nie, is om dit wat in die Bybel staan as nonsens af te maak. Die Griekse woord vir “hulle is met die Heilige Gees vervul”, is elke keer gebruik wanneer daar verwys is na mense wat met Krag gevul is om bo-natuurlike dinge te doen, soos ook in Handelinge.
Ek verwerp dus u stelling aangaande Eff 5:18b dat om met die Heilige Gees vervul te word beteken om jou gedrag en lewe onder beheer van die Gees te stel. Bloot omdat dit weer dui op iets wat ‘n mens doen, of dui op iets wat mens in jou kop doen, of die verandering van mens se eie wil, deur jouself.
MAAR as IETS, die Heilige Gees jou letterlik vul, kan die verandering in jou lewe vanself plaasvind sonder dat jy iets uit jouself gedoen het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.