ToekomsVenster: Die swaar drag is van ons skouers afgehaal


uitgestrekte_hand_stiltetyd_pixabay.jpg

Foto: pixabay.com

Psalm 81:7 – “Ek het die swaar drag van julle skouers afgehaal, julle kon die mandjies neersit.”

Hierdie is weereens een van my gunsteling-psalms. Die psalmdigter roep die kinders van die Here op om Hom met volle oorgawe te loof en te prys. Dit is immers gepas in die lewe van God se kinders. Daar is geen groter motivering vir hierdie oproep as die genade-handeling van God in Christus Jesus toe Hy die sondelas van mense op Homself geneem het nie. Dis jammer dat so baie mense, hierdie weldaad ten spyt, steeds gebuk gaan onder die impak van die lewe en van die sonde deur die lewe gaan. Jy kan hulle sommer op ʼn afstand sien. Hulle stap teneergedruk deur die lewe, sonder om ooit die omvattende vrymakende genade van God te vier. Alles is sleg en swaar. Hulle bly wonder oor hul verlossing en kry dit nie reg om God se vergifnis soos kinders in besit te neem nie. Dis jammer. Jesus het klaar betaal. Die swaar drag is van ons skouers afgehaal. Ons kon dit neersit. Het jy joune al neergesit?

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Christine ·

AMEN vandag plaas ek my diep kommer op U o Heer. Vandag sit ek my swaar mandjie vol pyn en kommer neer en weet U het dit reeds opgetel en dit vir my ligter gemaak. Dankie O Heer dat ons alles op U skouers mag pak en mag weet ons is veilig in U hande!!!

AM ·

Stem volkome saam met Christine se kommentaar.
Dankie Heer dat ek my sondelas op U kan plaas, en kan weet dat U reeds vir my sonde betaal het. Ek maak nou U vergifnis my eie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.