ToekomsVenster: Die taal van die liefde


all-free-download.com

all-free-download.com

Psalm 87:6  – “As die Here die name van die volke aanteken, sal Hy by elkeen skrywe: “Hierdie een is ook ʼn kind van Sion.” Sela

Dit was van die begin af God se bedoeling, naamlik dat die nasies Hom sal ken. Sy belofte aan Abraham het die volkere-wêreld in die visier. Paulus vertel van ʼn geheimenis wat aan die einde geopenbaar is. Christus het vir die hele wêreld gekom. In Hom is daar nie menslike onderskeidingskategorieë ter sprake nie. Hy is alles en in almal.

Openbaring vertel ons hoe die volkere van die wêreld voor Sy genadetroon juig, terwyl hulle die Lam van God aanbid. Menslike onderskeidings word opgehef op die groot dag. Die taal van die liefde oorheers daar geheel en al. Dis tyd dat ons dit aanleer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.