ToekomsVenster: Die tempel van God


Foto: pixabay.com

Foto: pixabay.com

1 Kor. 3:16,17

16 Weet julle nie dat julle die tempel van God is en dat die Gees van God in julle woon nie? 17 As iemand die tempel van God beskadig, sal God hom straf, want die tempel van God is heilig, en die tempel is julle.

Elsa Meyer sluit in haar stiltetyd-dagboek oor die Heilige Gees (Die Heilige Gees werk in en deur ons) aan by die ou Testamentiese tempel-begrip. Ons mag dit vreemd vind, omdat ons nie dikwels met tempels in aanraking kom nie. Vir Paulus en die nuwe Testamentiese gemeentes was dit egter nie ʼn vreemde verskynsel nie. Daar was talle tempels wat aan verskillende gode toegewy was.

Romeine 2:22

Jy wat sê ʼn mens mag nie egbreuk pleeg nie, pleeg jy nie egbreuk nie? Jy wat ʼn afsku het van afgode, beroof jy nie hulle tempels nie?

Daar was uiteraard ook die tempel in Jerusalem. Dit is interessant om daarop te let dat Paulus in die teksvers ons daarop wil wys dat ons gesamentlik die tempel van die Heilige Gees is. Ons leef in ʼn tydvak waarin mense op hulself ingestel is, die sogenaamde individualisme. Ons sien ander nie geredelik raak nie en kan maklik selfgerig en selfgesentreerd lewe. Ons is egter die tempel saam met ander gelowiges en moet ons plek, funksie en rol daarbinne ken, verstaan en uitleef.

ToekomsVenster is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie ([email protected]) of besoek www.toekomsvenster.co.za.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.